LettersOpinion

Wykraadslid doen goeie werk

My er­va­ring is dat die bur­ge­mees­ter en wyks­raads­lid van wyk 12 altyd be­reid is om te help.

Piet Pre­to­rius, wyks­komi­tee­lid: wyk 12, Modimolle, skryf:

Ek wil graag inligting gee na aanleiding van onlangse briefwisseling in Die Pos oor die toe­ge­wyd­heid en pre­sta­sies van wyk­raads­lede en wyks­ko­mi­tee­le­de. Dit blyk dat briefskrywers nie altyd ver­staan wat dit verg om die gevolge van ’n wan­funk­sio­ne­le muni­si­pa­li­teit se knoeiwerk reg te ruk nie.

Daar word nie voldoende erken­ning gegee aan wyk­raads­lid Sar­na Groe­ne­wald en haar span vir hul on­ge­loof­like groot by­drae tydens die onlangse moeilike tye nie.

Die span, wat die burgemeester insluit, het gedurende die grendeltyd ’n belangrike rol ge­speel om saam met an­der orga­ni­sa­sies kos aan be­hoef­ti­ges te voor­sien.

’n Spe­sia­le dan­kie aan Ja­nine Eras­mus (wyks­ko­mi­teelid in wyk 12) wat haar sa­ke­perseel daarvoor be­skik­baar gestel het. Wa­ter­­ten­­kwaens is tydens wa­ter­te­kor­te ge­reël en deur die wyks­raads­lid en die komi­tee gekoördineer. Die span het moeite gedoen om te verseker dat in­wo­ners wa­ter kry.

Ek is ook ge­frus­treerd met van die dinge in die dorp en wyk 12 wat nie na wen­se is nie. Dit gaan egter my verstand te bowe dat diegene wat poog om dit wat ver­keerd is reg te stel, nou aangeval en gekritisieer word. My er­va­ring is dat die bur­ge­mees­ter en wyks­raads­lid van wyk 12 altyd be­reid is om te help.

Die eerste voor­beel­d hier­van is uit­ste­ken­de kom­mu­ni­kasie. Wyk 12 het elke tweede maand wyks­ko­mi­teever­ga­derings waar pro­bleme be­spreek word. Tweedens het die wyks­raads­lid ver­skeie Whatsapp-groe­pe wat sy ge­bruik om in­lig­ting te deel. Der­dens is daar ge­reel­de wyks­raads­ver­ga­derings wat by die Koro Creek-gholf­land­goed ge­hou word waar die bur­ge­mees­ter terug­voer gee. Weens die gren­del­tydperk was daar nie die af­ge­lo­pe ses maan­de ver­ga­de­rings nie. Vier­dens hou wyks­ko­mi­tee­lede ook in­wo­ners op hoog­te en los hul probleme, waar moontlik, op.

Wat daaglikse diens­le­we­ring be­tref word pro­ble­me onmid­del­lik ondersoek en aksie­planne in werking gestel. Dit gebeur egter gereeld dat be­lof­tes wat deur mu­ni­si­pale amp­te­na­re ge­maak word, nie nagekom word nie of sonder eni­ge kom­mu­ni­kasie verander word.

Die gemeen­skap sien dit on­ge­luk­kig as swak pre­sta­sie aan die kant van die raads­lid en haar span. Dit is beslis nie die ge­val nie.

Nog ’n uit­da­ging is die waar­de van eien­domme in Bos­veld­sig. Die for­mu­le om die waar­de van eien­dom­me vir mu­ni­si­pa­le doel­ein­des te bere­ken, is in same­werking met waar­deer­ders gestandardiseer. Dit is ge­doen om fou­te van die ver­lede reg te stel en te ver­se­ker dat die eien­doms­be­las­ting wat be­taal word, reg­ver­dig bereken is.

Die ge­meen­skap waar­deer die toe­ge­wyd­heid en werk wat Groenwald en haar span doen in baie moei­li­ke om­stan­dig­hede. Ek ys as ek dink wat kon ge­beur het en hoe die dorp sou ge­lyk het as daar nie vier jaar gelede reeds begin is met ver­an­de­ring in die mu­ni­si­pa­li­teit nie.

Kyk maar net hoe gaan dit in an­der dorpe in die land. Ek kan die gemeenskap verseker dat die bur­ge­mees­ter en haar span toe­ge­wyd is.

Dit is mak­lik om te kla oor dit wat nie reg is nie en te “ver­geet” van die po­si­tie­we uit­kom­ste.

Die on­reg­ver­dige kri­tiek sal ons eg­ter nie van stryk bring nie en ons sal voort­gaan met ons man­daat. Dit is nie nou die tyd om ver­deeld­heid te saai nie.

Kom ons hou ons ver­wag­tinge hoog, ons uit­kyk rea­lis­ties en on­der­steun die bur­ge­mees­ter, die wyks­raads­lid en haar span.

Related Articles

Back to top button