LettersOpinion

Bela-Bela se beoogde botaniese tuin kry steun uit talle oorde

Dit kan die be­waring van die flo­ra van Lim­popo op ’n weten­skap­like wy­se ves­tig en by­dra tot ons dorp as toe­ris­me­be­stem­ming.

Jo­han Mills, Be­la-Be­la-be­las­ting­be­ta­lers­fo­rum, skryf:

Daar is geen botaniese tuin in Lim­po­po, en spe­sifiek in die Wa­ter­berg-bioom, waarin die eiesoortige plan­te van Limpo­po (en die Water­berg) be­waar en be­stu­deer word nie.

Die wyks­ko­mitee van Wyk 1 van die Be­la-Be­la-muni­sipa­li­teit het egter nou be­gin met ’n onder­soek om ’n bo­ta­niese tuin in ons dorp te ves­tig. Dit kan die be­waring van die flo­ra van Lim­popo op ’n weten­skap­like wy­se ves­tig en by­dra tot ons dorp as toe­ris­me­be­stem­ming en as poort tot die erva­ring van die Water­berg-bioom en Lim­po­po.

Om­dat ’n bota­niese tuin wat aan dié uit­son­der­like vi­sie voldoen nie son­der jare ­lange moei­te en har­de werk in ons sko­te sal val nie, is daar gekyk na grond wat só ge­leë is dat dit toe­gan­klik is vir die gemeen­skap en vera­l vir ­leer­ders uit ons gemeen­skap.

Die beoogde plek moet ook op ’n praktiese manier beskerm kan word om die plan­te en bo­me wat in die gere­habi­liteer­de ge­bied geves­tig word van van­da­le te be­skerm. Met dié agtergrond in gedagte is die re­stant van Gedeel­te 25 van die plaas Het Bad geïden­tifi­seer (die stuk muni­sipa­le grond tus­sen die Al­ma-pad en suid van die dorp se reser­voirs op die kop­pe ten noor­de van die dorp).

Onder­soeken­de ge­sprek­ke hier­oor is met geesdrif deur lede van Limpo­po-na­tuur­be­waring ont­vang.

Bela-Be­la het ook in begin­sel die onder­steu­ning van die Suid-Af­ri­kaan­se Bo­ta­niese In­sti­tuut (SANBI) indien die dorp kan toon dat die voorstel be­dui­den­de steun onder inwoners geniet, dat ons die grond onder die trus­tee­skap van SANBI as bo­ta­niese tuin ge­plaas sal word deur die muni­sipa­liteit en dat ons oor die kun­dig­heid, toe­wy­ding en hulp­mid­de­ls be­skik om aan die vi­sie uiting te gee.

Om die pro­ses momentum te gee, moet inwoners eers­tens die steun van die publiek vir die pro­jek be­paal. As daar voldoende steun is, moet daar onderhandelings tussen inwoners, SANBI, Lim­popo-natuur­be­waring en die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­liteit wees om die grond on­der trus­tee­skap van SANBI te plaas ter­wyl die muni­sipa­liteit steeds eienaar­skap behou.

Daarna moet ’n Be­la-Be­la-bo­ta­niese ver­e­niging (Botanical Society) gestig word wat hier­die pro­jek sal bestuur en die no­dige hulp­mid­dels en kun­dig­heid sal inwin. Daarna be­gin die har­de werk vir elke betrokke inwoner.

Inwoners wat hierdie vi­sie deel, word gevra om asseblief hul beson­der­he­de en hand­te­ke­ninge te stuur so­dat SANBI en Lim­po­po-natuur­be­wa­ring met die versoek genader kan word.

Vir navrae bel vir Johan Mills by tel. 084 447 3148.

Related Articles

Back to top button