LettersOpinion

Wees getroos: Jy verlang nie alleen nie

Jy verlang nie alleen nie.

Leonora Visagie, Negester, Bela-Bela, skryf:

Dit voel mos deesdae asof elke Suid-Afrikaner ’n kind in ְ’n ander land het.

Ek het probeer uitvind hoe sake hier by ons op Negester staan. Ek het ’n baie informele, onwetenskaplike opname gemaak en kan nou die volgende van ons inwoners se kinders in die buiteland sê.

Ek kon tydens die grendeltydperk met 94 huise se inwoners kontak maak. In 32 van hierdie huise woon mense met kinders in die buiteland. Dit wil sê: 34% van ons inwoners verlang na kinders op baie ver plekke. Ons het altesame 239 kinders (ek het nie skoonkinders bygetel nie; al voel sommige van hulle soos ’n mens se eie).

Hiervan woon 54 in ander lande; met ander woorde 22,6% van ons kinders woon buite ons landsgrense. Boonop is daar 72 kleinkinders waarmee Oupa en Ouma moet “Skype” as hulle wil kontak maak. In vier van die wonings het die ouers gesê al hul kinders werk in die buiteland.

Daar is selfs een van ons eie inwoners wat self tans in Suid-Korea werk.

Die verspreiding van die kinders in die buiteland is as volg: Australië (14), Nieu-Seeland (10), Brittanjes (ses), Verenigde Arabiese Emirate (vier), die VSA (vier), Botswana (twee) en in die volgende lande een elk: China, Ierland, Indië, Kambodja, Kanada, Katar, Luxemburg, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nederland, Nigerië, Noorweë en Swede.

Hier is ook ses ouerpare wat geen kinders het nie en nege ouerpare wat net een kind het.

Wanneer jy dus ekstra-ver verlang, wees getroos: Jy verlang nie alleen nie.

Related Articles

Back to top button