LettersOpinion

AfriForum en polisie hou padblokkade

AfriForum-lede het die polisie bygestaan met die padblokkade waartydens voertuie deursoek is.

Andries Opperman, AfriForum-veiligheidskoördineerder, Limpopo, skryf:

Die Naboomspruit-tak van AfriForum het op Vrydag 11 September ’n padblokkade in samewerking met die Mookgophong-polisie en die Limpopo-verkeersdepartement gehou.

AfriForum-lede het die polisie bygestaan met die padblokkade waartydens voertuie deursoek is.

Lede van die publiek het gehelp om voertuiglisensies te kontroleer en die verkeer te reguleer terwyl die polisie bestuurders van die pad getrek het.

AfriForum het ook bystand gelewer deur die voertuie wat deur die padblokkade beweeg, se nommerplate na te gaan vir enige verbintenis met onwettige aktiwiteite.

Die nommerplate is gekontroleer deur middel van ’n mobiele nommerplaatskandeerapparaat (Licence Plate Recognition) wat beskikbaar gestel is in samewerking met Almogaver-kameraprojek, AfriForum en die gesamentlike inligting sisteem (JIS). Altesame 210 voertuie is voorgekeer en deursoek en twee boetes is uitgereik.

Die doel van die projek was om sigbaarheid te bewerkstellig en misdaadvoorkoming toe te pas. Drie lede van die polisie, sewe lede van die Limpopo-verkeersdepartement en agt lede van AfriForum het aan die projek deelgeneem. Samewerking tussen die polisie, verkeersdepartement en die gemeenskap is nodig om ’n daadwerklike verskil te maak.

Ons sien uit daarna om ons eie AfriForum Buurtwag te stig en ons nooi graag lede van die gemeenskap om saam met ons te werk om ’n veilige omgewing te skep. Die gemeenskap van Mookgophong het ’n paar weke gelede een van die grootste protesoptogte teen plaasmoorde gesien.

Hierdie gemeenskap wil egter nie net hul misnoeë uitspreek nie, hulle wil opstaan en ’n verskil maak in die dorp. Dit is nie ’n taak wat alleen aangepak kan word nie. Daarom is dit verblydend om te sien hoe die Mookgophong-polisie en Limpopo-verkeersdepartement, die taak saam met die gemeenskap op ’n professionele wyse aanpak.

Die AfriForum-tak in Mookgophong sal eersdaags ’n AfriForum Buurtwag stig. Om daarby betrokke te raak, laai die Telegram-toep af en soek vir @AfriForumBuurtBot (https:/t.me/AfriForumBuurtBot).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button