LettersOpinion

Toekoms in inwoners se hande

Daar is nog talle an­der wat er­ken­ning ver­dien en ver­ge­we my, maar ek son­der diegene uit wat ek ken en op ’n meer ge­reel­de ba­sis mee te doen het. Ek sa­lueer ook die vroue wat ons dorp se in­gange ver­fraai het en die­gene wat voor die inter­hoër ons dorp ’n “facelift” ge­gee het.

Ben Greeff, Modimolle, skryf:

Ek ver­wy­sing na Wiets Bo­tes se brief van Vry­dag 4 September in Die Pos en wil my waar­de­ring uit­spreek teen­oor diegene wat, ten spy­te van al die chaos in die land, nog steeds ’n po­si­tie­we ver­skil ge­maak het aan die breër ge­meen­skap van Modi­molle.

On­der hul­le tel die Water­berg Sa­ke­ka­mer, Afri­Forum, GPF sek­tor-2 en in die be­son­der Wiets Bo­tes, Ger­hardt Brey­ten­bach, Pat Loots, Riaan Holtz­hausen, Pie­­ter Booy­se en James van Zyl.

Oor die alge­meen is ons vin­nig om te kri­ti­seer, maar daar word min er­ken­ning ge­gee aan diegene wat die moed en die pas­sie het om op te staan en be­trok­ke te raak wan­neer die uitda­gings ons an­der moe­de­loos laat.

Jul­le het in die voor­ste loop­gra­we vir ons geveg om te keer dat al­les in duie stort ter­wyl die po­li­ti­ci kop­pe ge­stamp het en die pap op die grond ge­val het. Daar is nog talle an­der wat er­ken­ning ver­dien en ver­ge­we my, maar ek son­der diegene uit wat ek ken en op ’n meer ge­reel­de ba­sis mee te doen het.

Ek sa­lueer ook die vroue wat ons dorp se in­gange ver­fraai het en die­gene wat voor die inter­hoër ons dorp ’n “facelift” ge­gee het. Dit is men­se wat om­gee en nie langer sit en wag vir ’n won­der­werk om te gebeur nie.

Ek was een van ve­le wat baie op­ge­won­de en po­si­tief was ná die uit­slae van die vo­ri­ge mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing net meer as vier jaar ge­le­de en ek het op my be­skeie ma­nier ’n by­drae pro­beer le­wer deur voor­stel­le in te dien ra­ken­de as­pek­te wat ek as be­lang­rik ge­ag het, veral om­ge­wings­be­wa­rings­pro­bleme.

Ons is al­mal lank­al keel­vol vir stin­ken­de riool en ro­ken­de as­ga­te wat net nie die no­di­ge aan­dag kry nie. Wat vir my te­leur­stel­lend is, is dat die raad nie ge­bruik ge­maak het van ons in­set­te en by­draes as po­gings om die dorp weer op te lig nie.

So dink ek by­voor­beeld aan ’n geïn­te­greer­de ont­wik­ke­lings­planvergadering (IDP) wat in die stad­saal ge­hou is en waar ver­skeie kun­di­ges hul diens­te ra­ken­de wa­ter- en elek­tri­si­teits­kwes­sies gra­tis aan­ge­bied het, maar ge­ïgno­reer is.

Hoe lank sal jy geesdriftig bly as die ge­sag jou bly igno­reer of jou by­drae as min­der­waar­dig be­skou? En nou won­der ek: Waar­om het ons wyks­ko­mi­tees ver­kies? Daar was nog nooit weer in wyk 12 ’n ver­ga­de­ring ge­hou nie en nie­mand het ooit daar­aan ge­dink om ge­beur­lik­heids­plan­ne op te stel om kri­sis­se te han­teer nie.

Ek voel iemand moes die ge­meen­skap by­me­kaar ge­bring het om on­der­ling die kwes­ba­res te on­der­steun en nood te ver­lig. Ten tye van wa­ter­te­kor­te was daar man­ne wat met wa­ter­kar­re vir inwoners wa­ter van die pla­se af aan­ge­ry het.

Dit was hul eie ini­sia­tief en dis my mening dat dié po­gings baie wy­er en ’n gro­ter im­pak kon ge­had het as by­voor­beeld die wyks­ko­mi­tee dit kon koör­di­neer. Dit is my oor­tui­ging dat dit ons as ge­meen­skap se ver­ant­woor­de­lik­heid is om na ons be­jaar­des om te sien, want nie­mand an­ders sal dit doen nie.

Wiets ver­wys na die uit­staan­de Es­kom­skuld wat in vier jaar met na­ge­noeg R350 mil­joen toe­ge­neem het. Ek ver­moed die reke­ning van Ma­ga­lies Wa­ter lyk nie veel be­ter nie. Dit kan net ge­beur as daar diens­te ge­le­wer word aan men­se wat nie daar­voor be­taal nie. Waar­om het die raad nie daad­werk­li­ke stap­pe g­e­neem om wan­be­ta­lers se diens­te op te skort nie? Ons was al die ja­re ge­woond daar­aan dat jou krag of wa­ter af­ge­sny word as jy nie teen die sewen­de van ’n daar­op­vol­gen­de maand jou re­ke­ning betaal het nie.

Jy kan een­vou­dig nie die ge­troues aan­hou be­las en die wanbetalers ig­no­reer ter wi­lle van ’n paar stem­me met die vol­gen­de ver­kie­sing nie. Dan aan­vaar ons dit ook maar ge­la­te dat ons bui­ten­spo­rige hoë ta­rie­we be­taal vir wa­ter wat ons nie kan drink nie en krag wat on­be­trou­baar is.

Ek is nou ook al so ge­kon­di­sio­neer en ge­woond aan swak diens­le­we­ring dat ek ook han­de­klap as die mu­ni­si­pa­li­teit 10 van die 1 000 slag­gate op­vul, of as ’n span uit­ge­stuur word ná vier dae van klag­tes om ’n ver­stop­te riool­ste­l­sel oop te maak. Die re­sul­taat is dat my boor­gat­wa­ter nie meer ge­skik is vir mens­li­ke ge­bruik nie.

Dit is my me­ning dat ons dorp nie uit die as sal ver­rys deur die in­gry­ping van óf die re­ge­ring óf ’n an­der po­li­tie­ke par­ty nie, maar deur die be­trok­ken­heid van el­ke in­wo­ner van ons dorp. Dit is im­mers ons dorp en ons kan nie ver­der toe­laat dat po­li­tie­ke ge­veg­te ons dorp ver­der laat ver­val nie. In­dien die si­tua­sie voort­duur, sal Es­kom nie meer ’n keu­se hê as om die krag af te skakel nie.

Die bul­le ba­klei en dit is net die gras wat daar­on­der ly. Dit is aanstaande jaar weer ver­kie­sing en dit lyk vir my asof die wed­ywering vir stem­me reeds be­gin het. Die raad pro­beer ons oor­tuig dat hul­le die afge­lo­pe vier jaar nie té sleg ge­vaar het nie.

Die fei­te spreek van­self: Ons mu­ni­si­pa­le skuld het toegeneem en die toe­stand van ons in­fra­struk­tuur het verswak. Wat­ter be­lof­tes sal dié keer op­ge­dis word of wat­ter ver­wag­tinge sal hier­die keer ge­skep word? Wie gaan hier­die keer die skuld kry vir al­les wat ver­keerd ge­loop het?

Ek dink ons moet die an­der op­sies be­gin oor­weeg waar ons meer seg­gen­skap oor ons eie lot het en waar ons as in­wo­ners ook ’n in­spraak het oor die toe­koms van ons dorp. Nou wag ek saam met Wiets vir die raad om ons te ant­woord. Wat is die waar­heid?

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button