LettersOpinion

Daar is niks om weg te steek, sê burgemeester

Ons het nog al­tyd daar­na ge­streef om in­wo­ners en be­lang­heb­ben­des op hoog­te te hou van ons plan­ne en be­slui­te en ant­woord graag die sake­ka­mer se brief in verlede week se uitgawe van Die Pos met die doel om ’n aan­tal kwes­sies en be­we­ringe op te klaar. 

Marlene van Staden, bur­ge­mees­ter, Modi­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit, skryf:

Ek be­dank graag die Water­berg Sa­ke­ka­mer vir hul ak­tie­we deel­na­me wat be­tref ons po­gings om die Modi­mol­le-Mook­go­phong plaas­li­ke mu­ni­si­pa­li­teit te ver­be­ter.

Ons het nog al­tyd daar­na ge­streef om in­wo­ners en be­lang­heb­ben­des op hoog­te te hou van ons plan­ne en be­slui­te en ant­woord graag die sake­ka­mer se brief in verlede week se uitgawe van Die Pos met die doel om ’n aan­tal kwes­sies en be­we­ringe op te klaar.

Ons het hard gewerk tydens die on­lang­se be­gro­tings­pro­ses om die be­leid vir eien­doms­ta­riewe te her­sien. Die be­leid is, met in­sae van regs­prak­ti­syns, heel­te­mal her­skryf vir die 2020/21-boekjaar en dit is beslis nie ’n “spoeg-en-plakdoku­ment” nie.

As deel van die pro­ses het ons by die na­sio­nale mi­nis­ter aan­soek ge­doen om ’n subka­te­gorie vir klein­hoe­wes te skep in ter­me van die Muni­si­pale Eien­doms­wet 6 van 2004. Dié aan­soek moet egter 15 maan­de voor die goed­keu­ring van die nu­we be­gro­ting in­ge­dien word en ons kon daar­om nie die bykomende eien­doms­ka­te­go­rie vir hier­die boekjaar by­voeg nie.

Wat be­tref die tyd-van-ge­bruik sei­soe­nale (TOU) ta­rie­we: Soos die sake­ka­mer te­reg weet, het die mu­ni­si­pa­liteit die be­sluit ge­neem om dié ta­rief­struk­tuur in te stel om­dat dit die struk­tuur is waar­vol­gens Es­kom die mu­ni­si­pa­liteit se groot­maatkrag­ver­bruik hef en dit is ook die tarief­struk­tuur wat Ner­sa se­dert 2008 aan­be­veel.

Die sake­kamer voer aan dat die mu­ni­si­pali­teit se tarief­be­leid gewy­sig moet word om die TOU-ta­riewe in wer­king te stel. Die Wet op Mu­ni­si­pale Stel­sels 32 van 2000 ver­eis eg­ter dat die tarief­be­leid lei­ding moet gee oor die soort koste wat deur die ta­rie­we ver­haal moet word.

Die pre­sie­se tarief­struk­tuur word eg­ter saam met die begro­ting goed­gekeur. Die TOU-ta­rie­we is al se­dert 2019 by ver­skeie ver­ga­derings met be­lang­heb­ben­des be­spreek. Dit is in Augus­tus 2019 in beginsel deur die raad aan­vaar en is tydens die hele goedkeuringsproses inge­sluit in die ta­rief­boek wat deel ge­vorm het van die 2020/21-begro­ting.

Die muni­sipa­li­teit in Ju­nie 2020 nood­ge­dwonge die be­gro­ting van Mei aan­pas om voor­sie­ning te maak vir die rea­li­teite van die Covid-19 pan­de­mie, in­slui­tend aan­pas­sings vir per­soon­like be­sker­mende toe­rus­ting en ramp­be­stuur­fondse. Mei- en Ju­nie-begro­tings vir 2020/21 het die TOU-ta­riewe in­ge­sluit.

Ten spy­te van die raad se goed­keu­ring, is die TOU-ta­rief­struk­tuur nog nie geïm­pli­men­teer nie om­dat ons steeds op Nersa se goed­keu­ring wag. Die feit van die saak is: Son­der die TOU-ta­riewe kan die mu­ni­si­pa­li­teit nooit die vol­le koste van die elek­tri­si­teits­diens ver­haal nie. In­dien ons so aan­gaan, sal die skuld aan Es­kom aan­hou ver­meer­der en ons sal nooit ge­noeg geld hê om die elek­tri­si­teits­net­werk te on­der­hou nie.

Die sake­kamer be­weer dat Es­kom die muni­sipa­liteit pena­liseer vir wan­be­taling deur die elek­tri­si­teits­toevoer te ver­min­der. Dit is on­waar en inge­volge ’n hof­bevel word Es­kom ver­bied om so op te tree. Die on­lang­se ver­lengde krag­on­der­brekings in Modi­molle is deur die mu­ni­si­pa­liteit, in same­wer­king met EMS, onder­soek.

’n Aan­tal onder­houds­kwes­sies is by die hoof­sub­sta­sie uitgewys en kor­rek­tie­we maat­reëls sal so spoe­dig moont­lik ingestel word om die si­tua­sie te nor­ma­li­seer. Die sake­kamer ver­wys ver­der na in­kom­ste uit elek­tri­si­teits­ver­kope wat aan be­dryfs­kos­tes be­stee word.

Dit is heel­te­mal in pas met goeie muni­sipale be­stuur. Inge­volge ons oor­een­koms met Es­kom, be­krag­tig deur ’n hof­bevel, be­taal die mu­ni­si­pa­li­teit week­liks 60% van al­le in­kom­ste wat dit uit elek­tri­siteits­ver­kope gene­reer aan Es­kom oor.

Daar is eg­ter tal­le an­der kos­te ver­bonde aan die le­wering van ’n elek­tri­si­teits­diens, in­slui­tend onder­houd, sa­la­ris­se, in­vor­de­ring ensovoorts, wat ook deur elek­tri­si­teits­verkope be­fonds moet word. Ons was nog altyd open­har­tig en deur­sig­tig wat be­tref ons stryd met die mu­ni­si­pa­liteit se groot uit­staan­de skuld aan Eskom.

Bui­ten his­to­riese fak­tore, bly die groot­ste by­draen­de fak­tor tot ons groei­ende Es­kom­skuld die feit dat ons hui­dige ta­rief­struk­tuur nie die vol­le kos­te van ons elek­tri­si­teits­diens dek nie. On­der die hui­dige ta­rief­struk­tuur, selfs al was ons ver­ha­lings­koers 100%, sal ons nooit in staat wees om ons Es­kom­re­ke­ning ten vol­le te betaal en die net­werk te on­der­hou nie.

Op die korttermyn mag die nu­we tarief­struk­tuur daar­toe lei dat ge­brui­kers aan­pas­sings moet maak, maar dit is ’n reg­ver­dige en bil­like ver­an­de­ring en in die bes­te be­lang van die muni­sipa­liteit oor die lang­termyn.

Daar is be­slis geen po­gings om in­ligting van ons in­wo­ners te weer­hou nie; inteen­deel, ons ver­staan baie goed dat ons nie die muni­sipa­li­teit son­der die on­der­steu­ning en same­wer­king van ons ge­meen­skap­pe kan om­keer nie.

Ons mik­punt is om kos­te-ef­fek­tiewe, be­trou­bare en vol­hou­bare diens­te aan al ons in­wo­ners te lewer en ons wil graag ’n kon­struk­tie­we en we­der­syds voor­de­lige ver­hou­ding met alle be­lang­heb­bendes bou.

Related Articles

Back to top button