LettersOpinion

VF-Plus nie verbaas oor beweerde Covid-19-tenderbedrog in Limpopo

Die premier van Limpopo, Stan Mathabath, moet dadelik die amptenare wat na bewering by die tenderbedrog betrokke was, op verpligte verlof plaas.

Marcelle Maritz, Vryheidsfront-Plus (VF-Plus): Lid van provinsiale wetgewer (LPW) en provinsiale leier, Limpopo, skryf:

Die VF-Plus is nie verbaas oor die bewerings van tenderbedrog met die verskaffing van Covid-19-persoonlike beskermende toerusting in Limpopo nie.

Die premier van Limpopo, Stan Mathabath, moet dadelik die amptenare wat na bewering by die tenderbedrog betrokke was, op verpligte verlof plaas.

Teen die agtergrond van die kultuur van stroping en korrupsie wat onder ANC-bewind vaardig geraak het, was grootskeepse korrupsie met tenderprosesse tydens die Covid-19-pandemie te wagte.

Die VF-Plus in Limpopo het in Maart reeds gewaarsku dat die geld in die begroting wat aan die onderskeie provinsiale departemente toegeken is, nie die gewenste uitwerking sal hê nie weens voortgesette korrupsie, tenderbedrog en onbevoegde amptenare.

ANC-kaders wat die belastingkoffers plunder het ’n nuwe skaamteloosheid bereik deur Covid-19-fondse, wat die verskil tussen lewe en dood vir landsburgers beteken, weer in hul eie sakke te stop.

Related Articles

Back to top button