LettersOpinion

Modimolle-sakelui wil ook graag weet: Wat is dan die waarheid?

Waar­om kry die sake­kamer geen te­rug­voer op eni­ge voor­leg­gings wat vir die 2020/21-be­gro­ting aan die mu­ni­sipa­li­teit ge­doen is nie?

Wiets Botes, voorsitter: Waterberg-sakekamer, skryf:

In Die Pos van Vry­dag 28 Augus­tus 2020 was daar ’n vraag in die Ons Hoor-kolom van ’n on­te­vre­de in­wo­ner wat by die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit wou weet: “Wat is die waar­heid?”

Hier­die vraag was toe­val­lig ook die hoof­te­ma van die Waterberg-sa­ke­ka­mer se eers­te le­de­ver­ga­de­ring se­dert die begin van die in­per­king.

Die vergadering is op Don­der­dag 26 Augus­tus ge­hou en sekere kern­pun­te is tydens die vergadering uitgelig. Waar­om kry die sake­kamer geen te­rug­voer op eni­ge voor­leg­gings wat vir die 2020/21-be­gro­ting aan die mu­ni­sipa­li­teit ge­doen is nie?

So by­voor­beeld het die sake­ka­mer in Maart van­jaar breed­voe­rige voor­stel­le ge­maak oor die wy­si­ging van die 2019/20-eien­doms­be­las­tingbe­leid vir die 2020/21-be­gro­ting. Die sake­ka­mer was van mening dat die 2019/20-be­leid ’n “spoeg-en-plak-” pro­duk was wat selfs na ’n be­leid van die “Bushbuckridge Munisipaliteit” ver­wys.

He­laas ver­wys die 2020/21 “her­siene” be­leid steeds na die “Bushbuckridge Munisipaliteit” wat aan­dui dat daar net geen aan­dag aan die sake­ka­mer se voor­leg­ging ge­gee is nie.

Die voor­ge­no­me im­ple­men­te­ring van ’n “tyd-van-verbruik-” mo­del vir die hef van elek­tri­si­teits­ta­rie­we, is reeds hol­rug ge­ry en die sake­ka­mer het by her­ha­ling aan­ge­dui dat hy geen be­gin­sel­be­swaar teen so ’n be­leid het nie.

Ons meen eg­ter dat die ta­rief­be­leid van die mu­ni­si­pa­li­teit eers ná oor­leg met die ge­meen­skap gewysig moet word so­dat die “reëls en be­gin­sels” van die mo­del be­paal kan word wat die lo­gie­se doel van elke be­leid is.

Ten spy­te van ver­skeie ver­soe­ke om aan so ’n pro­ses deel te neem, wat in terme van wetgewing ver­eis word, word geen te­rug­voer ont­vang nie.

Die mu­ni­si­pa­li­teit se aan­ge­stel­de kon­trakt­eur wat na die elek­tri­si­teitsinfra­struk­tuur, -reke­ninge en –invor­derings om­sien, naam­lik EMS, het be­ves­tig dat Es­kom ’n boetestelsel teen die mu­ni­si­pa­li­teit in­ge­stel het weens die uit­staan­de Es­kom­skuld en die nie-na­ko­ming van se­ke­re be­taal­reëlings.

Een van hier­die boeteklousules is die ver­la­ging van die mak­si­mumkrag­toe­voer, wat ver­oor­saak dat die muni­si­pa­liteit suk­kel om die krag­toe­voer ná ’n beurt­krag­ske­du­le te her­stel om­dat die aan­vraag dan die aan­bod in la­ding oor­skry.

Hier­die feit word ten sterk­ste deur die raad ont­ken en die ge­meen­skap word in die duis­ter ge­laat oor wat die waar­heid is. ’n Ver­de­re bron van kom­mer is dat daar on­langs blyk­baar on­ge­veer R60 mil­joen uit die “elek­tri­si­teits­re­ke­ning” wat vir be­ta­lings aan Es­kom be­doel was, deur die mu­ni­si­pa­li­teit ont­trek is om an­der lo­pen­de uit­ga­wes te dek ter­wyl die mu­ni­si­pa­li­teit reeds on­der druk is om sy be­ta­lingsoor­een­kom­ste met Es­kom na te kom. Daar is ty­dens die be­gro­tings­pro­ses op Don­der­dag 26 Maart ’n kon­sep­be­gro­ting ge­publi­seer.

In die­self­de tyd is ’n apar­te ta­rief­do­ku­ment ge­pu­bli­seer waar­van die elek­tri­si­teits­ta­rie­we in die ta­riefdo­ku­ment we­sen­lik van die ta­rie­we in die kon­sep­be­gro­ting ver­skil het. ’n Fi­na­le be­gro­ting is op Vry­dag 29 Mei goed­gekeur wat geen “tyd-van verbruik-” model in­ge­sluit het nie. ’n Mediaver­kla­ring is uit­ge­reik waar­in die ge­meen­skap on­der meer mee­ge­deel is dat die mu­ni­si­pa­li­teit ’n “ge­loof­waar­di­ge en ten vol­le ge­fi­nan­sier­de be­gro­ting” aan­vaar het.

Daar is weer op Vry­dag 26 Ju­nie ’n fi­na­le be­gro­ting aan­vaar wat ’n “tyd-van-verbruik-” mo­del in­ge­sluit het en we­sen­lik van die fi­na­le be­gro­ting van 29 Mei ver­skil het. Dit is ook on­dui­de­lik waar­om ’n nu­we fi­na­le be­gro­ting in Ju­nie van­jaar deur die raad aan­vaar is as die fi­na­le be­gro­ting van Mei reeds ’n “ten vol­le ge­fi­n­an­sier­de be­gro­ting” was. Die sa­ke­ka­mer se na­vrae om hier­die twee ver­skil­len­de fi­na­le be­gro­tings te ver­dui­delik, bly on­beant­woord.

Laas­tens word die ge­meen­skap ge­reeld daar­aan her­in­ner dat die uit­staa­n­de Es­komskuld ’n reusepro­bleem is wat “his­to­ries” voor die same­smel­ting van Mo­di­mol­le en Mook­go­phong in 2016 geërf is en steeds ’n uit­da­ging vir die mu­ni­si­pa­li­teit is.

Wat nie aan die ge­meen­skap ge­meld word nie, is dat die uit­staan­de Eskom­skuld tans on­ge­veer R500 mil­joen plus be­loop ter­wyl die uit­staan­de skuld van die voor­ma­lige Mo­di­mol­le- en Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­tei­te saam on­ge­veer R150 mil­joen tot voor die same­smel­ting in Augustus 2016 be­loop het.

Die es­ka­la­sie van on­ge­veer R350 mil­joen is dus nie al­leen aan die his­to­rie­se skuld te wy­te nie.

Die sa­ke­kamer het geen twy­fel daar­oor dat die hui­dige raad se­dert 2016 ontsettende har­de werk in­ge­sit het om Mo­di­molle/Mook­gop­hong weer tot ’n be­hoor­lik funk­sionele mu­ni­si­pa­li­teit te pro­beer om­keer nie.

Om hier­die feit te pro­beer ont­ken, sal uiters on­re­delik en selfs on­eer­lik wees. Daar was tot in 2018 noue sa­me­wer­king tus­sen die raad en die sake­ka­mer en daar was goeie suk­ses­verhale, soos by­voor­beeld om te keer dat Es­kom ver­plig­te beurt­krag in­stel wat erge na­de­lige ge­vol­ge vir albei dor­pe sou in­hou.

Ons kom­mer is eg­ter dat po­gings van die sake­ka­mer om po­si­tie­we by­draes te lewer se­dert mid­del-2019 skyn­baar geïg­no­reer word ter­wyl be­lang­rike in­ligting van die sake­ka­mer en ge­meen­skap weer­hou word. Dit is tot die sake­ka­mer se spyt nou die enig­ste uit­weg om die raad in die open­baar vir ant­woor­de te vra.

In dié ver­band stem ons saam met die on­te­vre­de in­wo­ner: Wat is die waar­heid?

Related Articles

Back to top button