LettersOpinion

DA: Ons tree op teen grondbesetters

Die DA het tydens die on­langse po­ging om grond buite die dorp te beset op ’n hof­bevel aangedring.

Ti­nus Ras, DA-raads­lid, Be­la-Be­la, skryf:

Dit is jam­mer dat ’n in­wo­ner wat om­gee vir Be­la-Be­la, soos “Om­ge­krap­te be­las­ting­be­ta­ler van Be­la-Be­la” nie be­reid is om sy naam be­kend te maak nie (“Raadslede moet skuld vir plakkersprobleem kry”, Die Pos Vrydag 21 Augustus.)

Maar ek sal poog om hom te ant­woord. Oor een ding is hy reg, naam­lik dat daar altyd ’n na­tuur­li­ke bevolkingsgroei sal wees.

In die ge­val van Be­la-Be­la is dit egter ge­deel­telik waar omdat die groot­ste groei in bevolking toegeskryf kan word aan mense wat van bui­te ons provinsiale- en landsgren­se kom. Dit is ook waar dat daar in die ver­le­de ba­ie oor be­skik­ba­re grond ge­praat is en ook dat hier­die grond teen be­lag­li­k hoë be­drae aan die mu­ni­si­pa­li­teit be­skik ge­stel is.

Dit is ook so dat die de­par­te­ment van same­werken­de re­ge­ring, mens­li­ke ne­der­set­tings en tra­disio­nele sa­ke (Cogsta) hier­die grond moet aan­koop en nie die muni­sipa­li­teit nie. Die dorpsbe­plan­ning is onge­veer twee jaar gelede deur ’n pro­fes­sio­nele per­soon behartig waarna daar ’n ver­ga­de­ring met die gemeenskap (belastingbetalers) was.

Geen ander ver­ga­dering wat die afge­lope tien jaar belê is, het so­veel belang­stel­ling soos daar­die verga­dering gelok nie. Die ver­slag het aan­gedui dat die dorp oor ge­noeg grond beskik vir die volgen­de aan­tal jare, met die inag­neming van die gemid­del­de bevol­kingsgroei soos wat dit op die vorige aantal jare se statistiek bereken is.

Die DA het tydens die on­langse po­ging om grond buite die dorp te beset op ’n hof­bevel aangedring. Ten spy­te daar­van kon die plaas­like pol­isie nie daar­in slaag om die grondbesetters te ver­wy­der nie en geen hulp van e­nige ander po­litie­ke par­ty was ter spra­ke nie.

Met die hulp van De­sirée van der Walt, ons plaas­like DA-parle­ments­lid, kon ons daar­in slaag om die spesiale taak­mag van die po­lisie te na­der om die grondbesetters te ver­wyder.

Die week nadat die me­nse ver­wyder is, het daar ’n ander po­li­tieke par­ty op die wa gespring en pro­beer veld wen met ander men­se se karper­de.

Ek sal in die komen­de week ’n be­rig op sosiale me­dia ver­sprei wat die werk­like si­tua­sie van die grondbesetting sal insluit. Wees ver­se­ker dat die DA vir elke belastingbetaler en inwoner sal veg.

Related Articles

Back to top button