LettersOpinion

Dít is waarom Bela-Bela in die knyp is

Inwoners voel dit is hul ge­luk­ki­ge dag as hulle ’n amp­te­naar op sy pos kry.

Jo­han Mills, voorsitter: Be­la-Be­la Be­las­ting­be­ta­lers­ver­e­ni­ging (BBTF), skryf:

Die BBTF het onlangs ’n afspraak met Bela-Bela se bur­ger­mees­ter en mu­ni­si­pa­le be­stuur­der gemaak om te praat oor die talle probleme in die dorp.

Drie weke later — en nadat hulle bloot net nie opgedaag het by ’n bevestigde af­spraak nie — het ons uit­ein­de­lik op Vry­dag 21 Augustus vergader.

Die mu­ni­sipa­le be­stuur­der het afgeskop met ’n be­toog oor hoe on­ge­wens ne­ga­tie­we pu­bli­siteit vir die dorp is. Dié ar­ro­gan­sie is on­ge­loof­lik ter­wyl ons juis daar is om te praat oor die ge­mors waar­in ons dorp is: die ki­lo­me­terlang­e riool­stroom langs die R101-pad en nog talle an­der dienslewerings- knelpunte.

Dit ter­wyl die muni­sipa­li­teit ons dorp bank­rot be­stuur het, amp­te­na­re reusesa­la­ris­se gekry het vir dienste wat hulle nie gelewer het nie en ons dorp verder agter­uit­gaan.

Kyk gerus in Die Pos van 14 Au­gus­tus se munisipale advertensie na die nuwe poste wat geadverteer word: R177,000 per jaar vir ’n skoon­ma­ker-op­sig­ter, ter­wyl die top­be­stuur tot soveel as R1,5 mil­joen per jaar verdien. Inwoners voel dit is hul ge­luk­ki­ge dag as hulle ’n amp­te­naar op sy pos kry.

Ons dorp se bank­rot­skap word in die vol­gen­de sy­fers uit­ge­wys. Ons skuld Eskom onge­veer R30 mil­joen, Ma­ga­lies Wa­ter R8 mil­joen en die depar­tement van ver­voer onge­veer R10 mil­joen (geld wat die muni­sipa­liteit bloot nie oor­be­taal het nie en glo vir be­dryfs­kostes aan­ge­wend het).

Dan hoor ons dat ongeveer R15 mil­joen wat vir kapitaal­projek­te geoormerk is, ook vir sogenaamde bedryfskostes aangewend is.

Hier­be­ne­wens het ons hoog­geregs­hof­sa­ke op ap­pèl ver­loor, waar ons Dikala Plant Hire on­ge­veer R84 mil­joen plus kos­tes en ren­te skuld, Fawcett Security R30 mil­joen (die vei­ligheids­maat­skappy wat bank­rot ver­klaar is en die lik­wi­dateur enige dag die geld kan opeis) en dan SuperSpar se brand­eis van oor die R100 mil­joen wat nog voor die hof dien.

Die algehele skuld beloop nmeer as R177 miljoen. An­ders ge­stel, belasting­betalers­huis­hou­ding in Be­la-Be­la sal elk onge­veer R59 000 se skuld moet help in­haal voordat daar geld vir ont­wik­ke­ling en in­stand­hou­ding sal wees.

Ver­der is die munisi­pa­liteit laks om die bykans R200 mil­joen slegteskuld op sy boe­ke in te vorder. Seke­re sa­kemense skuld tot R20 mil­joen aan ag­ter­stal­lige belas­tinggeld wat ook nie inge­vor­der word nie. Om die muni­sipa­liteit se bedryfs­uit­ga­wes te dek, ver­hoog hul­le jaar­liks ons ta­riewe. So is ons eiendoms­be­las­tings al byvoorbeeld 38% hoër as dié van Sand­ton. Ons weet ook dat net 21% of nagenoeg 3 000 huis­hou­dings in Bela-Be­la onge­veer 80% van al­le diensgelde en belas­tings betaal.

Dit is juis uit hierdie inkomste dat ons munisipaliteit hul bedryfskostes dek. Die Ruim­te­like Ont­wik­ke­lings­plan wys dat 79% van ons in­wo­ners hulp­be­hoewend is en dus on­der­steun word met gra­tis diens­te en geen be­las­ting hoef te be­taal nie. Selfs hier­van kon ons in vier jaar nog nie ’n be­hoor­li­ke re­kord kry nie.

Die BBTF het reeds be­gin om regs­ad­vies en hulp in te win om or­de in ons dorp te skep. Hier­van sal u binne­kort meer hoor en ons wil graag op u kundigheid en onder- steuning staatmaak. ’n Hofgeding is onafwendbaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button