LettersOpinion

Vat te­rug wat aan ge­meen­skap be­hoort

Die swak be­stuur op se­ke­re vlak­ke, on­oor­deel­kun­di­ge aan­wen­ding van fond­se, asook die slegte in­vor­de­ring van skuld het bygedra tot die bleek ekonomiese vooruitsigte van ons dorp.

Ti­nus Ras, DA-raads­lid, Be­la-Be­la, skryf:

Voor die ef­fek van die Co­vid-19-pandemie op ons plaaslike bestuur, het die Bela-Bela-munisipaliteit nie voldoen aan die verwagting van die publiek en sakeondernemings nie.

Die swak be­stuur op se­ke­re vlak­ke, on­oor­deel­kun­di­ge aan­wen­ding van fond­se, asook die slegte in­vor­de­ring van skuld het bygedra tot die bleek ekonomiese vooruitsigte van ons dorp. Die feit dat die mu­ni­si­pa­li­teit nog steeds nie op volle kapasiteit van hul arbeidsmag is nie, verbeter nie die swak diensleweringrekord nie.

Pro­ble­me wat ge­reeld voor­kom en waar­aan die op­po­si­sieparty baie aandag en tyd be­stee, is wa­ter­lek­ke (ver­al die nu­we py­pe), krag­on­derbre­kings, fou­tie­we wa­ter­le­sings en die ver­keers­af­de­ling wat glad nie vol­doen aan die ver­eis­tes nie (ver­al met die uit­rei­king van nu­we li­sen­sies, hernuwing van bestaande voertuiglisensies en rybewyse).

Wets­toe­pas­sing is ook re­de tot kom­mer. Straat­lig­te werk nie, slag­ga­te is vol­op en paai­e is in ’n baie swak toe­stand. Ver­der bly die grondbesettings in die munisipale gebied ’n groot pro­bleem. Daar is dalk hoop dat die straat­lig­te weer sal brand, om­dat ’n pro­jek in dié ver­band bin­ne­kort van sta­pel ge­stuur word.

’n Ge­brek aan geld maak dit egter baie moei­lik — by­na on­moont­lik — om al hier­die pro­ble­me in die af­sien­ba­re toekoms te oor­kom. Die op­po­si­sieparty werk hard ag­ter die skerms om hier­die si­tua­sie te ver­an­der, maar die mu­ni­si­pa­li­teit stel be­slis nie die be­lang van al­le in­wo­ners as eerste prioriteit nie.

Ge­sien in die lig daarvan dat Wyk 1 tot meer as 70% van die mu­ni­si­pa­li­teit se in­koms­te by­dra, sal dit ons saak ondersteun as die ge­meen­skap nou saam­staan en probleme aanspreek. Die DA kan ongerymdhede, soos grondbesettings, stuit.

Dit verg egter samewerking vanuit die gemeenskap om weer ons dorp te laat herleef na die spogdorp wat dit was. Kom ons vat te­rug wat aan die he­le ge­meen­skap be­hoort. Ek sal eersdaags die dorp se fi­nan­sië­le si­tua­sie aan die gemeenskap be­kend­maak.

Related Articles

Back to top button