LettersOpinion

Ons wag nou vir die so­mer

Die span­ning loop hoog met al die werk­loos­heid, korrupsie en voedseltekorte. Swaarkry lê voor die meeste se deur.

Lie­zel Har­per, Be­la-Be­la, skryf:

Gren­del­staat 2020. Jy word el­ke og­gend wakker en won­der wat hierdie dag gaan op­le­wer.

Vir die mees­te men­se is hier­die ’n vreem­de er­va­ring. Die span­ning loop hoog met al die werk­loos­heid, korrupsie en voedseltekorte. Swaarkry lê voor die meeste se deur. Maandae voel soos Son­dae. Met kof­fie in die hand soek ’n mens gou ’n po­si­tie­we bood­skap, bel ’n vriend of fa­mi­lie­lid en wens hul­le sterk­te toe vir die dag.

Al­mal het ’n dringende saak waarvoor hul gou moet dorp toe gaan, maar die werklikheid is dat baie sakeondernemings se deure nog toe is. Be­ta­lings word ge­maak of jy vra vir uit­stel totdat jou inkomste weer normaal is. Die man wat voor die grendeltydperk net sy uit­ga­wes kon dek, is nou son­der in­koms­te, maar wat van die man op straat wat ’n hand-na-die-mond-bestaan gevoer het? ’n Mens sien die ge­bro­ken­heid o­ral om jou en agter die maskers.

Jy wil help, maar wat as jy niks het om mee te help nie? Al­mal wag op die so­mer as­of dit ge­ne­sing sal bring vir die seer. Daar is men­se wat so­veel deernis in hierdie moeilike tye getoon het en ander van ondergang gered het. Wat jy saai sal jy maai geld steeds in die sa­me­le­wing.

Maar daar is ook dié wat hierdie grendeltyd gebruik het om mense uit te buit. Mense wat hul medemens uit gulsigheid verkul het. Men­se wat die ge­leent­heid sien om te skep. Ons is bewus van verbode transaksies wat deel van ’n normale huishouding geword het om gewoontes te onderhou. Dit druis teen ons norme in.

Ons is ’n nasie wat goed onder druk kan funksioneer, maar hierdie onsekerheid is anders en die negatiewe publisiteit wat politieke leierskap betref, stem ons onrustig. Ons moenie tou op­gooi nie. Hou aan leef en as jy moeg word, vat ’n kort pouse en probeer weer. El­ke dag het sy uit­da­gings, maar die deu­re sal weer oop­gaan vir ons al­mal. Hou moed.

Related Articles

Back to top button