LettersOpinion

Ons laas­te trek was ons bes­te

Ek dink ons kan met oortuiging sê dat ons laas­te trek ons beste was.

Jan van Staden, oudinwoner van Modimolle, skryf:

Ek en my vrou, Elena, het die af­ge­lo­pe week van Modi­mol­le na George ver­huis.

Ons het in ons 38 jaar van getroude lewe 21 keer verhuis en is goed deurwinter in die proses.

Ons het ver­skeie kwo­ta­sies ge­vra van die “ge­re­ken­de” en be­ken­de kar­wei­ers om ons aard­se be­sit­tings te verskuif en het hoe­ge­naamd nie aan die klei­ner on­der­ne­mings soos Pik­kie Ver­voer ge­dink nie. Baie in­wo­ners wat eg­ter met hul­le be­kend was, het ons aan­ge­raai om hul­le te oorweeg. Ná so baie positiewe aanbevelings het ons hulle genader en kan ons onomwonde sê dat die he­le verhuisingsproses ’n aangename ervaring was — van die eers­te ont­moe­ting met Dirk Stan­ford totdat hy en sy span met die leë vrag­mo­tor hier uit Geor­ge weg is.

Ek dink ons kan met oortuiging sê dat ons laas­te trek ons beste was.

Dan­kie aan elk­een wat Pik­kie Ver­voer aan­be­veel het. Ons wens Dirk, Yolanda en die span van Pikkie Vervoer nog baie ja­re van groot suk­ses en ge­luk­ki­ge kliën­te toe. Julle puik diens het ’n meestal ontwrigtende ervaring seepglad en kommervry gemaak.

Related Articles

Back to top button