LettersOpinion

Maak Bela-Bela weer spoggerig

Verskeie briewe het verskyn wat die swak dienslewering van ons plaaslike munisipaliteit benadruk.

Bekommerde inwoner, Bela-Bela, skryf:

In die vorige twee uitgawes van Die Pos is daar berig oor die swak toestand van ons dorp, instandhouding wat in gebreke bly en dat daar nie voortydige optrede was om ons eiendomsbelang te beskerm nie.

Verskeie briewe het verskyn wat die swak dienslewering van ons plaaslike munisipaliteit benadruk.

Hierdie is alles feite wat almal beaam, maar wat gaan ons doen om dit te verander?

Is dit nie nou die tyd om ’n forum te stig en al die betrokke partye vir wie ons in die verkiesing gestem het, dwing om saam te staan en antwoorde van die burgemeester en raadslede te eis nie? Die klagtes oor wanbestuur moet nou op die spits gedryf word en werklike antwoorde en verantwoordbaarheid moet verkry word anders gaan die belas­tingbetaler bly opdok en die verval al hoe groter raak.

Die munisipaliteit is tog ’n sakeonderneming ook en as dit nie behoorlik bestuur word nie, moet daar opgetree word en verantwoordelike amptenare moet aan die pen ry.

Sien die raadslede nie hoe ons dorp agteruitgaan nie? Ons belastingbetalers moet maar bly betaal, maar sien nie ’n begroting of ouditverslag om te sien hoe geld bestuur word nie.

Asseblief politieke partye, kom ons staan saam in belang van ons dorp.

Related Articles

Back to top button