LettersOpinion

Hoekom is sportsterre nou stom?

Wat nou van die verskiklike plaasmoord op Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabie van Hartwater? Hoekom is dié sporthelde nou skielik stom?

Stoffel Visser, Modimolle, skryf:

’n Swart man is in Amerika deur ’n blanke polisiebeampte doodgemaak nadat hy hom verset het teen inhegtenisname.

Nie net was die hele wêreld in opstand nie, maar ook in Suid-Afrika het bekende sportsterre die knie gebuig in erkentlikheid teenoor die Black Lives Matter-beweging. Van ons sporthelde het met gebalde vuiste in die lug tot dié versetbeweging toegetree.

Wat nou van die verskiklike plaasmoord op Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabie van Hartwater? Moet ons swyg oor van watter ras die slagoffers én die aanvallers was? Hoekom is dié sporthelde nou skielik stom?

Kan ’n mens so laag daal om jou rug op jou eie mense te draai? In Afrikaans noem ’n mens dit huigelary. Die oumense sou gesê het dit is verraad.

Dit lyk vir my die krieket- en rugbyspelers is bang die geldgod sal hulle verwerp. Ek hoop nie ek hoef ooit weer in my lewe na Suid-Afrikaanse krieket of rugby te kyk nie.

Baie dankie vir die geleentheid om my mening uit te spreek. Ek voel net ek kan nie swyg oor dié ongelykheid nie.

Related Articles

Back to top button