LettersOpinion

Wat se nonsens is dit hierdie?!

Gewone wetsgehoorsame landsburgers is moeg daarvoor om voor gepreek te word oor hoe hulle moet ophou kla en oor hoe baie hulle nog steeds het om voor dankbaar te wees.

Ondankbare plattelander skryf:

Gewone wetsgehoorsame landsburgers is moeg daarvoor om voor gepreek te word oor hoe hulle moet ophou kla en oor hoe baie hulle nog steeds het om voor dankbaar te wees.

Wanneer ons kinders in die nag iewers heen ry en hul karvensters uitgeslaan word en hul selfone gegryp word, moet ons dankbaar wees, want hulle is darem nie gekaap nie. Hulle is nie wreed vermoor nie. Wees dankbaar.

Wanneer ons plaasdiere vergiftig word, moet ons dankbaar wees, want dit is net diere. Gelukkig het die skelms nie ingekom nie. Nie dié keer nie. Wees dankbaar.

Wanneer daar tydens die grendeltyd vier keer by een sakeperseel ingebreek word, moet die huurders dankbaar wees, want hulle het darem nog werk en ’n perseel om te huur. Wees dankbaar dat jy ’n werk het.

Wanneer plakkers oornag onwettige strukture oprig en hul afval stort net waar hulle wil, moet ons dankbaar wees, want ons het darem nog ’n warm bed om in te slaap. Wees dankbaar jy bly nie in ’n sinkhuisie nie.

Wanneer honderde bome op munisipale grond afgekap word vir vuurmaakhout of onwettige verkope, moet ons dankbaar wees, want ons slaap nie koud nie. Wees dankbaar jy het ’n verekombers of kaggel.

As die lisensiekantore al vir maande nie funksioneer nie, moet ons dankbaar wees, want gelukkig het ons darem ’n motor waarvoor ons ’n lisensie moet uitneem. Wees dankbaar jy hoef nie per voet te loop nie.

Wat se nonsens is hierdie? Dit is tyd dat die regering vir ’n slag dankbaar is dat daar mense is wat werk vir ander skep. Wat belasting en skoolfonds betaal. Wat die landswette gehoorsaam. Mense wat moeg daarvoor is om met só min tevrede (wat nog te sê van dankbaar) te moet wees!

Related Articles

Back to top button