LettersOpinion

Rus sag, oom Nic, sê Century

Ons bring hul­de aan die per­soon vir wie ons lief was. ’n Per­soon wat dalk nie per­fek was nie, maar deur God as ’n unieke wese geskape is.

Century 21-per­so­neel, Be­la-Be­la, skryf:

Vir ons hier by die kan­toor was oom Nic van Heerden nie net “Fred se pa”, “Zippie (Talita se bynaam) se skoonpa” en “NJ, El­ma­rie en Lin­die se ou­pa” nie.

Hy was vir baie van ons ’n geliefde ou­pa-fi­guur. Hy was daar tydens al ons pres­ta­sies en ook al ons te­leur­stel­lings.

Hy was op sy dag bekend as ’n groot sake­man en boer in ons ge­meen­skap. Ná sy aftrede het hy gereeld kom kuier en al­tyd ge­sorg vir ’n glim­lag op ons ge­sig­te.

As hy kan­toor toe ge­kom het, was daar al­tyd ’n nu­we grap­pie om te ver­tel en iets nuuts vir ons om dae lank oor te lag en gesels, soos die keer toe hy met ’n op­ge­stop­te aap op sy voer­tuig se dak ge­ry het net om men­se se re­ak­sie te toets.

Hy het graag mense se siele uitge­trek en was bekend vir die poetse wat hy gebak het. Hy was soms kontroversieel en ons onthou nog met ’n glimlag die keer toe hy sy hare bloupers gekleur het om soos NJ, sy kleinseun, te lyk.

Sy hon­de was sy le­we en hul­le moes net die bes­te versorging kry. Hy was baie trots op sy kin­ders en het graag besoekers ingelig dat hy getroud is met die ma van hierdie suksesvolle kinders.

Tan­nie Joyce het hom voor­uit­ge­gaan, maar self sy moes maar soms net kop skud vir sy grap­pies. Ons dink tot van­dag toe dat sy haar soms doof ge­hou het om rus vir haar siel te kry!

Oom Nic het ’n baie groot hart en oop hand ge­had. As hy ge­weet het van ie­mand wat suk­kel of hong­er is, het hy ge­help — par­ty­maal ten kos­te van hom­self.

Dit is nooit maklik om van ’n ge­lief­de af­skeid te neem nie. Daar is altyd die gevoel van “as ek net vir oulaas …”

Ons bring hul­de aan die per­soon vir wie ons lief was. ’n Per­soon wat dalk nie per­fek was nie, maar deur God as ’n unieke wese geskape is.

Oom Nic, jy is en sal al­tyd spe­siaal vir ons wees. Rus sag.

  • Nic van Heer­den (87), ’n oud-in­wo­ner van Be­la-Be­la, is op Dins­dag 9 Ju­nie in Pre­to­ria oor­le­de na­dat hy op Maan­dag 8 Ju­nie met die ko­ro­na­vi­rus (Covid-19) ge­diag­no­seer is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button