LettersOpinion

Hou ons asseblief op hoogte van alle dorpsake, vra inwoner

Dit bly ’n raaisel wat die nut van plaaslike wyksraadslede is as daar nie aan sulke probleme in die dorp aandag gegee word nie.

Belastigbetaler, Bela-Bela, skryf:

Die Pos het ’n maand of drie gelede berig dat die VF-Plus aandag gee aan die rioolprobleem in die omgewing van Bospoort.

’n Leser het ook meer onlangs in Die Pos gekla oor rioolwater langs die ou Pretoria-pad.

Die VF-Plus kan moontlik ook aan daardie probleem aandag skenk en terugvoering gee oor die rioolprobleem by Bospoort.

Dit bly ’n raaisel wat die nut van plaaslike wyksraadslede is as daar nie aan sulke probleme in die dorp aandag gegee word nie.

Terwyl die VF-Plus ywerig is om in Bela-Bela betrokke te raak, kan daar ook aandag gegee word aan die straatligte wat bedags brand terwyl daar saans ontelbare dooie straatligte is.

Daar is verskeie straathoeke sonder straatnaamborde en op van die straatnaamborde wat daar is, is die straatname verkeerd gespel.

Hoekom probeer die VF-Plus nie om ’n raadslid of twee op die raad verkies te kry nie?

As daardie raadslid elke maand net R1 000 van sy toelaag afknyp en stelselmatig begin om die straatnaamborde op te knap, of gloeilampe vir straatligte aanskaf, sal die dorp beter lyk en kry die belastingbetalers waarde vir hul geld.

Algaande kan daar ook ander projekte opduik waarop R1 000 of meer per maand bestee kan word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button