LettersOpinion

Ag nee, dit stink!

Jy kan maar vensters toedraai, maar daardie stank laat steeds jou oë traan.

Stinkie, via e-pos, skryf:

Ek hou baie van die dorp Bela-Bela en doen baie van my sake in die dorp.

My probleem is die oorweldigende rioolstank wat ’n mens so swaar suid van die dorp, op die R101-pad, tref.

Jy kan maar vensters toedraai, maar daardie stank laat steeds jou oë traan. Geen wonder daar is gereeld ’n spoedkamera daar nie, want almal jaag seker om so vinnig as moontlik by die stank verby te kom. Die ergste is dat dit nou al vir ’n paar jaar so aangaan en niemand doen iets daaraan nie. Dit het, inteendeel, sodanig vereger dat dit ’n mens deesdae by die Waterfront se verkeersligte ook vang.

Daar was ’n paar maande gelede al ’n berig in Die Pos daaroor, maar daar is steeds niks aan die situasie gedoen nie. Is daar dan nie raadslede met ruggraat in die dorp wat die munisipaliteit kan aanvat daaroor nie, want hulle steur hul duidelik nie aan die swak beeld wat hierdie situasie vir die dorp inhou nie.

Miskien moes hulle nie die ou Warmbad se naam na Bela-Bela verander het nie, maar na Stinkbad.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button