LettersOpinion

Dankie aan Die Pos (en bring ds. Ueckermann-hulle tog terug!)

Ek bekyk die advertensies met nuwe oë, want dit is dié besighede wat praat met hulle hart. Vir júlle gaan ek ondersteun waar ek kan.

Lojale leser van Die Pos, Modimolle, skryf:

Ek lees Die Pos van hoek tot kant en weer van agter na voor.

Die koerant is aansienlik dunner as voor die grendeltyd, want daar het sedert Maart baie water in die see geloop. Ons glo daar sal binnekort weer ’n dik koerant op die rak wees.

Ek bekyk die advertensies met nuwe oë, want dit is dié besighede wat praat met hulle hart. Vir júlle gaan ek ondersteun waar ek kan, want julle hou Die Pos se hande hoog en dien steeds jul gemeenskap. Voorspoed en mag julle geseënd wees.

Nog ’n saak wat my na aan die hart lê, is ons eie ds. Danie en Maretha Ueckermann wat daar ver in die vreemde Viëtnam gestrand is. Kan ons as gemeenskap nie ’n plan beraam om hulle terug te kry op eie bodem nie? As die mense daar eers uitvind watter wonderlike mense hulle is, gaan hulle die egpaar nie weer wil laat terugkom na hul gemeente in Modimolle nie.

Voorspoed aan die redakteur van Die Pos en haar positiewe personeel. Dankie dat julle volhou en aanhou.

Related Articles

Back to top button