LettersOpinion

Hongersnood kan aanleiding gee tot geweld

Baie mense sal letterlik énigiets doen — selfs die wet oortree — om hul families te voed.

Tinus Ras, DA-raadslid, Bela-Bela, skryf:

Ek is bekommerd dat hongersnood kan aanleiding gee tot geweld en ander misdaad.

Die Covid-19-situasie kan nog lank duur en raak alle bevolkingsgroepe.

Talle mense is reeds werkloos en gaan hul werke verloor omdat sakeondernemings hul deure sluit en werkers minder maak.

Baie mense sal letterlik énigiets doen — selfs die wet oortree — om hul families te voed.

Dankie aan die talle instansies in die dorp wat ’n reusepoging aangewend het om kospakkies aan mense te voorsien, maar daar is steeds ’n tekort.

Ek wil ’n beroep doen op al die inwoners van Bela-Bela en omgewing om hierdie mense se hand te versterk. Selfs een blikkie kos sal van groot hulp wees en varsprodukte is veral ’n behoefte.

Ek rig ook ’n versoek aan boere wat nie reeds bygedra het nie om ook te probeer help. Selfs wildsvleis is baie welkom.

Kom ons staan saam en maak klein bydraes om die betrokke instansies en ons gemeenksap te help. Dit is in almal se belang.

Ek doen ’n beroep op almal om veilig te wees en die inperkingsmaatreëls na te kom sodat ons hierdie virus kan oorwin.

Related Articles

Back to top button