LettersOpinion

Munisipale park ’n groot kopseer

Die grond het niks anders as ’n infor­mele neder­setting vir hawe­lose mense geword.

Moedelose leser, Mookgophong, skryf:

Die muni­sipaliteit se park, wat eint­lik net ’n oop stuk grond langs die mu­nisi­pale kan­toor is, is ’n nag­merrie.

Die grond het niks anders as ’n infor­mele neder­setting vir hawe­lose mense geword.

Die veilig­heids­wagte tree baie gou tussen­beide as ’n in­woner durf kapsie maak teen die on­higiëniese toe­stande wat daar bedryf word omdat daar geen sani­tasie- of toilet­geriewe is nie. Volgens die wagte het die mense toe­stemming van die munisi­pa­liteit om daar te woon.

Die polisie is al ver­skeie kere inge­roep en reageer wel op die klagtes, maar die mense word nie ver­wyder of ver­volg nie.

Hulle maak oop vure, strooi rom­mel, want daar is nie vullis­houers nie, drink spiritus en tree skaamte­loos op.

Daar was verlede week ook ’n voor­val waar ’n man verskeie kere met ’n mes gesteek is. Die inwoners se veilig­heid is in die ge­drang.

Ek het ’n skrywe aan die burge­meester gerig, maar wag nog vir ’n antwoord.

Related Articles

Back to top button