LettersOpinion

Moenie aanhou onmin saai

Wees asse­blief waak­saam om nie die enorme sukses van ’n geleent­heid te gebruik om on­min in ’n gemeen­skap te saai nie.

Nóg ’n veront­waar­dige in­woner, Modi­molle, skryf:

Ek was iet­wat teleur­gesteld in William van Coller (oud­skool­hoof) se brief in Die Pos van 13 Maart.

Dit is na my mening jammer dat so ’n groot ge­leent­heid soos die Bos­veld Inter­hoër, wat uiters sukses­vol deur Hoër­skool Nyl­stroom aan­gebied is, gebruik word om net weer onmin te saai oor die onder­werp van die keuse van skole, wat al holrug gery is.

Die debat­voe­ring van hier­die onder­werp het nog altyd net tot die ver­su­ring van ver­hou­dings gelei ter­wyl daar heel­tyd in sirkels gerede­neer word en geen klink­klare ant­woord bestaan nie. Daarom gaan ek myself daar­van weer­hou om in hierdie sirkels be­trokke te raak en wil ek graag net die vol­gende in u midde laat:

Wees asse­blief waak­saam om nie die enorme sukses van ’n geleent­heid te gebruik om on­min in ’n gemeen­skap te saai nie. Dit bena­deel albei kante van die munt.

Wees baie ver­sigtig om aan­names te maak van sake­onder­ne­mings se (on)betrok­kenheid in die gemeen­skap en plaas­like skole terwyl u duide­lik nie oor die kor­rekte inlig­ting beskik om daardie aan­names te staaf nie.

En laastens: Wys my een ouer in ons lesers­gebied wat ’n besluit tot nadeel van sy of haar kind sal neem.
Nag ou Grote.

Related Articles

Back to top button