LettersOpinion

Warrie-hoof is ’n man met ’n plan

Agter toe deure het die rook getrek soos alles vir leer­ders uitge­pluis is.

TJ Day, Bela-Bela, skryf:

Ek wil graag ’n pluimpie aan Paul Liddle, die onder­wysers en beheer­ligaam van Hoër­skool Warm­bad gee.

Ná die president se toe­spraak Sondag­aand het almal regop gesit oor die skole wat moet sluit. Ons het die Maan­dag­oggend by ope­ning gehoor die gevat, soentjies en drukkies moet vir eers gestaak word, maar die hoof het ook ver­duide­lik dat ons werk nie gaan agter­bly nie en dat ons op Google Classroom gaan werk.

Dit was vir ons almal vreemd en ons het sel­foon­nom­mers gedeel en gewonder wat dit alles inhou. Dit was geen normale dag by die skool nie!

Agter daardie toe deure het die rook getrek soos alles vir ons leer­ders uitge­pluis is. Mnr. Liddle het ons later die dag weer toege­spreek en vertel dat die skool die volgende dag sluit.

Daar het ons die nuus gekry van ons eie nuwe gmail-adresse waarop die onder­wysers voor­taan ons werk gaan laai.

Almal betrokke kan ’n veer in hul hoed steek. So baie is in een dag vermag. ’n Virus gaan ons Warrie Wolwe nie onder­kry nie.

Dankie mnr. Liddle, onder­wy­sers, beheer­ligaam en BelaNet vir die reë­lings met Google Classroom.

Julle by Die Pos moet ook veilig wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button