LettersOpinion

Gun elkeen sy plekkie in die son

Min van ons mense kan sommer net enigiets in die dorp koop, bloot net omdat hulle die eie­naar wil onder­steun.

Inwoner, Modimolle, skryf:

Ek verwys na William van Coller se brief oor die onder­steu­ning by die Bosveld Inter­hoër. Wat ’n prag­tige raak­vat­brief, tot by die mis­plaaste “klip-in-die-skoen-verwaand­heid”.

Ons omge­wing het sout-van-die-aarde-mense. Mense wat hul benodigd­hede koop waar gehalte gerief­lik bekom­baar is, teen ’n bekos­tigbare prys. Min van ons mense kan sommer net enigiets in die dorp koop, bloot net omdat hulle die eie­naar wil onder­steun.

Die entrep­reneur lewer ’n diens, verskaf brood­nodige werks- en op­leidings­geleent­hede en is geregtig daarop om sy wins na harte­lus te bestee — dikwels in borg­skappe in ons gemeen­skap. Hierdie is ’n basiese beginsel wat selfs in skole deur leer­kragte aan leerders oor­gedra word.

Ons het pragtige skole in ons omge­wing, maar genadig­lik het mense darem nog ’n reg op ’n keuse. Ons ver­wyt nie die pasiënt wat voel hy wil graag ’n spe­sialis in die stad sien nie. Net so verwyt ons nie die plaas­like vakansie­ganger wat nie lus het om in die plaas­like boer se “lodge” vakansie te hou nie, maar wel see toe wil gaan en sy wins of sala­ris daar wil bestee. (Die boer het dan nou net sy impli­mente, kuns­mis en kruide­niers in ons dorp gekoop, en selfs sy kinders in die plaas­like skool gehad.)

Kom ons gun elkeen sy reg om sy keuse na harte­lus uit te voer, sonder om mekaar te beledig. Kom ons reik ’n hand (elmboog) na mekaar, leer bymekaar en onder­steun mekaar. Elke skool het voor­dele en nadele, maar die skole wat ag slaan op probleme, bly oor dekades top. Op die einde doen elke ouer wat hul voel die beste vir hul kind is.

Related Articles

Back to top button