LettersOpinion

Smouse naby pad hou gevaar in

Het die ver­keers­wet­te ra­ken­de smou­se langs ’n openbare pad ver­an­der?

Padgebruiker, Modimolle, skryf:

Het die ver­keers­wet­te ra­ken­de smou­se langs ’n openbare pad ver­an­der?

Ver­keersbeamptes sit baie ge­reeld on­der ’n boom oor­kant die ge­vange­nis se groen­te­tui­n en hou ver­keer dop wat Modimolle van Vaal­wa­ter se rigting bin­ne­ry.

Di­rek langs hul­le sit smou­se met hout van bo­me wat vermoe­de­lik iewers in die omgewing ge­stroop is. Die sta­pels hout met hul ad­ver­ten­sie­bor­de is só na­by aan die pad se ry­vlak, dat dit ’n mens be­noud maak.

Nou won­der ek net of die wet­ti­ge af­stand wat smou­se van die pad mag wees, ver­an­der het?

In­dien een van die groot swaar­voer­tuie daar­die hout­sta­pels tref en an­der voer­tuie is na­by, kan daar ’n le­li­ke on­ge­luk wees.

  • Die Pos het verlede jaar breedvoerig hieroor berig. Wet­ge­wing be­paal dat geen han­del ge­dryf mag word bin­ne 60 m van die pad­re­ser­we af nie. ’n Per­mit van nasio­nale pad­agent­skap (Sanral) is no­dig om langs die pad handel te dryf.

James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het gesê die po­li­sie verwyder ge­reeld van die smou­se. Hul­le werk saam met lan­de­li­ke vei­lig­heid. Smou­se op die Vaal­wa­ter- en Marble Hall-pad word ge­vra om hul per­mit­te te toon. In­dien hul­le nie kan nie, word hul­le in heg­te­nis ge­neem en hul wa­re ge­kon­fi­skeer. Ver­bo­de im­mi­gran­te word in heg­te­nis ge­neem tot­dat hul­le ge­de­por­teer word, het hy gesê.

Mar­lene van Sta­den, bur­ge­mees­ter van die Modi­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit, het gesê die ver­keers­de­par­te­ment onder­soek die aan­ge­leent­heid en sal kom­men­taar le­wer so­dra die on­der­soek afgehandel is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button