LettersOpinion

Waar is dorp se kranige foto­grawe?

Dit het my aan­vank­lik gefrus­treerd gelaat, maar nou reik ek na my kamera om steeds die mooi in die omge­wing om my vas te vang en te waar­deer.

Leon le Roux, Mook­go­phong, skryf:

Ek is ’n pen­sioen­trekker wat met ’n me­diese toe­stand gediag­noseer is wat my daag­likse funksies baie in­kort en my genoop het om op te hou werk.

Dit het my aan­vank­lik gefrus­treerd gelaat, maar nou reik ek na my kamera om steeds die mooi in die omge­wing om my vas te vang en te waar­deer.

Ek wil graag hier­die foto’s van die natuur en van geskied­kun­dige en gedenk­waar­dige plekke met ander deel.

Ek sien gereeld in Die Pos foto’s van die Bos­veld-foto­grafie­klub in Modi­molle en die Warm­bad-foto­grafie­klub in Bela-Bela. Is daar nie ywerige foto­grawe in Mook­go­phong ook wat hier­die gemeen­skap­like stok­perdjie beoefen en ’n aktiewe klub op die been wil bring nie? Lede sal dalk nie net kos­bare foto’s uit­ruil nie, maar ook waarde­volle kennis.

Ek nooi belang­stel­lendes wat dalk so ’n klub op die been wil bring, om my te bel by tel. 066 299 7476. (Brief verkort. — Red.)

Related Articles

Back to top button