LettersOpinion

Tak wil voortbou op afgelope jaar se goeie werk

Die tak het verskeie kere van die boor­gate her­stel en meer as R10 000 is bestee om twee koppel­stukke vir die hoof­lyn vanaf die Frikkie Geyser-dam na die suiwe­rings­werke te koop.

Philip van Sta­den, Afri­Forum Naboom­spruit-tak, skryf:

Afri­Forum se Naboom­spruit-tak gaan van­jaar vol­stoom voort met nuwe en be­staande pro­jekte om die dorp te ver­beter.

Die tak kan met trots terug­kyk op projekte en harde werk wat die afge­lope twee jaar in Mook­go­phong verrig is waar die dorp se infra­struk­tuur opge­knap en herstel is.

Daar is on­geveer 22 250 kg teer gebruik om slag­gate te herstel. Dié teer is self gekoop of van dona­teurs verkry. Voet­oor­gange en stop­tekens by die laer­skole is weer duidelik geverf en 30 nuwe stop­tekens is gekoop en op­gerig.

Die tak het ook verskeie kere van die boor­gate her­stel en meer as R10 000 is bestee om twee koppel­stukke vir die hoof­lyn vanaf die Frikkie Geyser-dam na die suiwe­rings­werke te koop.

Die tak het voorts beswaar aange­teken nadat meer as 350 hoewes as resi­densiële eiendom gewaar­deer is en ’n ver­bruikers­forum op die been gebring wat sekere ver­eistes aan die muni­sipa­liteit stel oor gebrek­kige krag­lewe­ring. Die klem word gelê op verbrui­kers van die buite­lyne. Die tak het ook, saam met afge­vaar­digdes van die Mense­regte­kom­missie, die dorp se stor­tings­terrein besoek en as ’n belang­heb­bende geregis­treer by ’n myn­ontwikke­ling. Afri­Forum moniteer ook die bou van die be­plande riool­aanleg by Die Oog-land­goed.

AfriForum loods jaarliks land­wyd sy blou-en-groen-druppel­pro­jek, stor­tings­­terrein­oudit­projek en boom­plant­projekte en die Naboom­spruit-tak neem graag daar­aan deel.

Die blou-en-groen-druppel­verslag bevestig dat dorps­water geskik is vir mens­like gebruik, terwyl die stor­tingsterrein­oudits uitwys waar ter­reine wanorde­lik is en nie aan die stan­daarde voldoen nie.

AfriForum het die afgelope jaar ’n hof­bevel bekom wat die Modi­molle-Mook­gophong-mu­nisipa­liteit dwing om die dorp se stor­tings­­terrein in stand te hou.

Die tak het voorts geld aan die droogte­hulp­fonds geskenk en ook verlede jaar bome aan al die skole in die dorp geskenk.

Die Naboom­spruit-tak moedig in­woners van die dorp aan om by die tak betrokke te raak en by te dra tot die po­sitiewe gesind­heid van dié orga­ni­sasie. Bel vir Philip van Staden by tel. 081 330 2606.

Related Articles

Back to top button