LettersOpinion

Onkunde oor bil­har­zia wek kommer

Toe Nyl­stroom in 1866 aan­ge­lê is, was die Nyl­ri­vier die enig­ste bron van vars wa­ter.

Gawie Rich­ter, Mo­di­mol­le, skryf:

Toe ’n aan­tal Je­ru­sa­lem­gangers destyds van die Voor­trek­kers ge­skei en na Egip­te wou uit­wyk en die Nyl­ri­vier be­reik het, het hul­le ge­dink dit is die Nyl in Egip­te.

Krans­kop in die ver­te het hul­le aan pi­ra­mi­des her­in­ner, wat hul­le laat ver­moe­d het dat hulle op die regte pad is.

Hulle is egter weens ma­la­ria ge­nood­saak om te­rug te draai en het die saak ge­won­ne gegee.

Toe Nyl­stroom in 1866 aan­ge­lê is, was die Nyl­ri­vier die enig­ste bron van vars wa­ter.

Nou, ná 154 jaar, het die ri­vier in ’n stink­spruit ver­an­der met bil­har­zia wat vermoedelik in die wa­ter skuil.

Mense is nie bewus van die gevare van dié siekte nie en ek sien gereeld kinders in die rivier swem.

Related Articles

Back to top button