LettersOpinion

Moenie gif uitsit, vra dierevriend

Ons is ont­steld na­dat een van ons kliën­te ge­dreig het om gif uit te gooi vir rond­lo­per­kat­te.

Sake-eienaar, Modimolle, skryf:

Ons sake­onder­ne­ming se de­pot is 24 uur oop.

Weg­gooi­die­re word dik­wels in ons om­ge­wing af­ge­laai en hier is dus ’n oorloop van rond­lo­per­kat­te.

Ons is ont­steld na­dat een van ons kliën­te ge­dreig het om gif uit te gooi vir rond­lo­per­kat­te wat op ons per­seel is om­dat hy glo al­ler­gies is vir katte.

Sy uit­la­ting is uiters kort­sig­tig en dié optrede sal ’n groot ge­vaar vir men­se in die om­ge­wing in­hou. Van ons kliën­te is ou­ers met kin­ders wat hulle ver­ge­sel wanneer hulle sake kom doen. Van dié kin­ders speel met die kat­te of hard­loop op die ter­rein rond.

Tal­le voet­gangers, ook dik­wels saam met hul kin­ders, ge­bruik die grond­pad langs ons on­der­ne­ming. In­dien ’n kind van die gif in­kry, sal dit tot ’n groot tra­ge­die lei.

Selfs al is die diere lastig vir sommige mense, mag hulle nie vergiftig word nie.

Related Articles

Back to top button