LettersOpinion

Swak dienslewering gevaarlik

Van die klagtes wat ont­vang is, is ernstig en stel mense­le­wens in gevaar.

Marcelle Maritz, Vry­heids­front Plus (VF Plus), pro­vinsiale leier: Lim­popo, skryf:

Dit is sorg­wek­kend dat talle navrae van die VF Plus aan dr. Phopi Rama­thuba, Limpopo se LUR vir gesond­heid, geïgno­reer word.

Die VF Plus het ver­skeie klagtes van gemeen­skaps­lede in die pro­vinsie ont­vang oor diens­lewe­ring in staats­hos­pitale. Die VF Plus het vroeg in Desem­ber ’n drin­gende verga­dering met Rama­thuba versoek. Tot op hede was daar nog geen ant­woord nie.

Die LUR se onaan­vaar­bare gedrag is tekenend van die swak diens­lewe­ring in die pro­vinsie se hos­pitale. Van die klagtes wat ont­vang is, is ernstig en stel mense­le­wens in gevaar.

Die VF Plus het reeds weer in ’n skrywe aan die LUR ’n drin­gende verga­dering aan­gevra.

Related Articles

Back to top button