LettersOpinion

Die verkeerde kant van ontgroening

Ont­groen­ing moet ’n op­bou­ende doel hê en nie om kinders moreel af te breek nie.

Anne Jou­bert van Modi­molle skryf:

Met ver­wy­sing na die hoof­artikel van Bea Emslie in Die Pos van 24 Jan­ua­rie wil ek saamstem dat ont­groen­ing op die lange duur ’n euwel is. Dink net aan hoeveel be­lowen­de jong­mense, pas uit die skool, tot sterwe kom tydens ont­groen­ing.

Neem nou die ge­val van die jong gr. 8-seun van Park­town Boys High School. On­nodige lewensver­lies en dan is die hoof van die skool nou ge­skors as ge­volg van die hart­seer in­si­dent.

Dit is ’n feit dat meer en beter toesig ge­hou moet word tydens sulke skool­uit­stap­pies. Ek is seker daar sal ge­noeg ouers be­reid wees om die per­soneel by te staan met toe­sig.

Ont­groen­ing moet ’n op­bou­ende doel hê en nie om kinders moreel af te breek nie.

Kom ons ver­trou dat ont­groen­ing en of oriën­tering in die toe­koms reg be­nader sal word.

Related Articles

Back to top button