LettersOpinion

Bejaardes met deernis hanteer

Dit is prysens­waar­dig hoe ouer mense in ons kon­trei met hof­lik­heid en deer­nis deur die per­soneel van verskeie staats­depar­temen­te be­han­del word.

Anne Joubert van Modimolle skryf:

Met verwysing na Maureen Neeth­ling se brief wat in Die Pos van 24 Janu­arie verskyn het, deel ek ook graag ons positiewe onder­vin­ding met die lesers.

Dit is prysens­waar­dig hoe ouer mense in ons kon­trei met hof­lik­heid en deer­nis deur die per­soneel van verskeie staats­depar­temen­te be­han­del word.

Ons het verlede jaar buiten­gewone diens van SASSA se perso­neel ontvang toe ons aansoek gedoen het vir ouder­doms­pen­sioen. Aangesien my man ’n semi-inva­lide is, het Jackie en Jane (staats­ampte­nare) na ons huis gekom en binne 15 minute alle papier­werk af­gehan­del.

Ons is deurgaans met respek behan­del en SASSA kan trots wees op hierdie werk­ne­mers wat die beeld van die depar­tement bevor­der. Die staats­dok­ter wat die mediese verslag saam­ge­stel het, het ook deeg­like werk gedoen en is nog ’n voor­beeld van puik diens­lewe­ring aan die pu­bliek.

Dankie aan hierdie staats­ampte­nare wat puik diens lewer en dit vir die senior bur­gers makliker maak. Ons waar­deer julle.

Related Articles

Back to top button