LettersOpinion

Vei­lig­heid­struk­tu­re is gereed

Die ge­meen­skap word aan­ge­moe­dig om by hul plaas­li­ke buurt­wag aan te sluit, te help pa­trol­leer en te rea­geer ty­dens nood­ge­valle.

Ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum-be­stuur, Be­la-Be­la, skryf:

Rol­spe­lers van die Be­la-Be­la-vei­lig­heids­struk­tu­re het die af­ge­lo­pe jaar groot suksesse be­haal deur moed te hou en misdaad te bly beveg.

Die vei­lig­heids­plan­ne van die ver­skei­e rol­spe­lers soos die ge­meen­skap­po­li­sië­ring­fo­rum (GPF), die al­ge­me­ne vei­lig­heids­plan van Af­ri­Fo­rum en die po­li­sie se sek­tor­po­li­sië­rings­be­leid wat deur die buurt­wag­te in die onderskeie omgewing uit­ge­voer is, om vei­lig­heid te verseker.

Die buurt­wag­lei­ers en hul ver­teen­woor­di­gers van Be­la-Be­la subsek­tor 1 ver­ga­der elke laas­te Woens­dag van die maand. Die al­ge­me­ne ver­ga­de­ring wat deur al­le GPF-le­de by­ge­woon word, word elke derde maand gehou.

Buurt­wag­lei­ers word ty­dens die maan­de­lik­se ver­ga­de­rings die ge­leent­heid ge­bied om vei­lig­heids­pro­ble­me en i­ni­sia­tie­we te be­spreek. Die be­stuur van die sub­fo­rum ver­teen­woor­dig dus die ge­meen­skap by die po­li­sie.

Die funk­sio­ne­ring van die GPF word deur wet­ge­wing be­heer. Die ge­meen­skap word aan­ge­moe­dig om by hul plaas­li­ke buurt­wag aan te sluit, te help pa­trol­leer en te rea­geer ty­dens nood­ge­valle.
Die Af­ri­Fo­rum-buurt­­wag­te behaal ook landwyd groot suksesse en daar is groot dank­baarheid vir die werk wat hulle verrig.

Af­ri­Fo­rum Be­la-Be­la-tak en die Be­la-Be­la GPF is in die pro­ses om ’n ge­ak­kre­di­teer­de op­lei­ding­in­stan­sie op die been te bring wat aandag sal skenk aan ge­spe­sia­li­seer­de op­lei­ding vir buurt­wag­le­de.
Dit sal ver­al fo­kus op die uit­voe­ring van buur­twag­be­gin­sels, vei­lig­heids­pa­trol­lies en re­ak­sie ná ’n ge­wa­pen­de roof, vei­lig­heids­ri­si­ko-a­na­lise en mis­daad­to­neelbe­stuur.

Die op­lei­dings­kan­toor is deel van die GPF SubSektor 1 se kan­to­re by die Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie in Van Der Mer­we­straat.

Vir na­vrae oor die op­lei­ding kan men­se vir Ha­rold Spencer bel by tel. 072 639 9952. Vir bykomende na­vrae en nu­we lid­maat­skap kan men­se vir Ja­nes Bos­hoff bel by tel. 072 492 7087.

Related Articles

Back to top button