LettersOpinion

Goeie diens kraai koning op platteland

Hul het nie geskroom om ander kun­dige hulp in te roep nie en die voer­tuig is veilig opge­laai.

Deon Kotzé, Johannesburg, skryf:

Ek het die afgelope naweek net weer beves­ti­ging gekry dat die onder­steunings­net­werk nog op die platte­land bestaan en beslis in Bela-Bela merk­waar­dig is.

Die AA-pad­bystand­diens het Grobbies Insleep­dienste van Bela-Bela gekon­trak­teer om ’n voer­tuig wat met ’n elek­tro­niese pro­bleem onklaar geraak het van Bela-Bela na Pretoria te ver­skuif. Die bestuur­der van die insleep­voer­tuig, William, was baie bekwaam en het alles in sy vermoë gedoen om die voer­tuig veilig op te laai.

Die logistieke struikel­blok was egter om toe­gang te verkry vir die insleep­voer­tuig in ’n beperkte ruimte en ’n voertuig waarvan die stuur­stelsel gesluit was.

Ná slegs een oproep was die eienaar, Bertus Grobler, die werk­winkel­bestuurder, Fanie van Blerk, en nog ’n perso­neel­lid daar om die pro­bleem te oor­brug. Hul het nie geskroom om ander kun­dige hulp in te roep nie en die voer­tuig is veilig opge­laai en na Pre­toria vervoer.

Julle diens is puik en ek kan julle met groot vry­moedig­heid aan­beveel.

Related Articles

Back to top button