LettersOpinion

On­der­wys­stel­sel faal meer as 560 000 leer­ders

Werk­loos­heid onder die jeug is ’n na­sio­na­le kri­sis met 58% van die jeug wat tans werk­loos is.

Tammy Breedt, Vryheidsfront Plus (VF Plus)-LP en na­sio­na­le jeug­lei­er, skryf:

Die hoë u­ni­ver­si­teits­uit­val­sy­fer en werk­loos­heids­koers onder die jeug in Suid-Afrika ge­nood­saak ’n klem­ver­skui­wing weg van ’n blo­te ma­triek­slaag­sy­fer, na een waar in­dring­end ge­kyk moet word of leer­ders vol­doen­de voor­be­rei word vir die werk­plek en ter­siê­re on­der­rig.

Die uit­val­sy­fer van stu­den­te aan u­ni­ver­si­tei­te is so­wat 40% en slegs 22% van stu­den­te vol­tooi ’n drie­jaar­graad. Werk­loos­heid onder die jeug is ’n na­sio­na­le kri­sis met 58% van die jeug wat tans werk­loos is.

Dit is on­rus­ba­rend dat so­wat 140 000 ma­triek­leer­ders nie u­ni­ver­si­teits- of di­plo­ma­vry­stel­ling kon be­haal nie en net-net deur is. Dit is eg­ter po­si­tief dat die hoe­veel­heid leer­ders met u­ni­ver­si­teit­vry­stel­ling se­dert 2018 met 8% ge­styg het.

Slegs 42% (409 906) van al­le leer­ders wat in 2008 met gr.1 be­gin het, het in 2019 ma­triek ge­slaag. Dit be­te­ken dat 566 060 leer­ders nie gr.12 ge­slaag het nie.

Die ANC-re­ge­ring ge­bruik die ma­triek­slaag­sy­fer as ’n rook­skerm vir hier­die te­kort­ko­ming­e en die werklik­heid van die uit­val­sy­fer. Die maat­staf van on­der­wys be­hoort nie ’n kuns­ma­ti­ge slaag­sy­fer te wees nie, maar moet ge­hal­te­onderwys en die deur­vloei­sy­fer van leer­ders op skool in ag neem.

Die mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, An­gie Mot­shek­ga, het al in die ver­le­de on­der­neem om an­der maat­staw­we te ge­bruik en om wyer sta­tis­tieke rond­om die uit­slae te verskaf. Die maat­staf van suk­ses van die on­der­wys­stel­sel be­hoort die in­diens­ne­ming en ge­reed­heid vir ter­siê­re on­der­wys van skool­ver­la­ters te wees en nie hoe­veel leer­ders die mi­ni­mum­ver­eis­tes kon be­reik nie.

Die hoë ­werk­loos­heids­koers onder die jeug en die hoë uit­val­sy­fers van skool­leer­ders en u­ni­ver­si­teit­stu­den­te be­wys dat die on­der­wys­stel­sel leer­ders faal deur hul­le nie voor te be­rei vir die werk­plek of voort­ge­set­te stu­die nie.

Die te­kort aan die ont­wik­ke­ling van kri­tie­se denk­ver­moë en vaar­dig­he­de van skool­ver­la­ters maak dit by­na on­moont­lik vir skool­ver­la­ters son­der ver­de­re kwa­li­fi­ka­sie om die ar­beids­mag te be­tree aan­ge­sien die fo­kus ver­skuif het na slegs voor­be­rei­ding om ’n ma­triek­ser­ti­fi­kaat te be­haal.

Die VF Plus wens leer­ders en toe­ge­wy­de on­der­wy­sers geluk wat ten spy­te van moei­li­ke om­stan­dig­he­de en tal­le uit­da­gings goed pres­teer het en ’n po­si­tie­we ver­skil ge­maak het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button