LettersOpinion

Kragvoorsiening sorgwekkend

Indien die situa­sie voort­duur, sal dit onver­myde­lik lei tot die alge­hele verswak­king van die ekonomie en ’n verlies aan werk­geleent­hede.

Wouter Wessels, Vry­heids­front Plus (VF Plus) -LP en hoof­woord­voerder: Openbare onder­nemings, skryf:

Die feit dat Eskom muni­sipa­liteite aanraai om nou reeds hul ske­dules aan te pas om voor­sie­ning te maak vir moont­like fase 8-beurt­krag, voorspel niks goeds vir Suid-Afrika se eko­nomie én vir 2020 nie.

Dit is onaan­vaar­baar dat daar nie meer gedoen word om alge­hele onder­bre­kings van tot 12 uur lank te ver­hinder nie. Geen eko­nomie kan groei terwyl beurt­krag toege­pas word wat sakeonder­ne­mings, fabrieke en myne ernstig bena­deel nie.

Indien die situa­sie voort­duur, sal dit onver­myde­lik lei tot die alge­hele verswak­king van die ekonomie en ’n verlies aan werk­geleent­hede. Om hierdie redes raak drin­gende ingry­ping nou van die aller­grootste belang.

Pres. Cyril Rama­phosa het Suid-Afri­kaners wel gevra om ge­duldig te wees terwyl Eskom op die herstel­pad geplaas word, maar die wêreld­eko­nomie en die hoë werk­loos­heid­koers in Suid-Afrika is nie gedul­dig nie. Groter werk­loos­heid kan die land se eko­nomie heeltemal ver­nietig.

Kundiges meen dit kan so lank as vyf jaar duur om Eskom ten volle te her­stel en die moont­lik­heid van beurt­krag te voor­kom.

Die VF Plus is van mening dat daar oor die kort­ter­myn veel meer gedoen moet word om die situasie te beredder. Onnodige kostes sal op verskeie vlakke gesny moet word om Eskom se skuld van R450 miljard te delg.

Intussen sal die gebruik van alter­na­tiewe krag­bronne met erns benader moet word om die agtste fase van beurt­krag te vermy.

Eskom het in Desem­ber herstel­werk by baie muni­sipa­liteite gedoen en dit is ’n po­sitiewe verwikke­ling. Alles moontlik moet nou verder gedoen word om fak­tore wat lei tot ver­laagde krag­op­wekking en beurt­krag, te voor­kom. Instand­houding moet voor­keur geniet. Dit bly skokkend dat die ANC oor jare gestaan en toekyk het hoe Eskom in duie stort.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button