LettersOpinion

Ge­lof­te­fees — die pad vo­ren­toe?

Hoe an­ders sou die ge­skie­de­nis nie ver­loop het as die slag van Bloed­ri­vier ’n ne­der­laag was?

Reint van der Pol, Ge­lof­te­fees­ko­mi­tee­lid, Be­la-Be­la, skryf:

On­se­ke­re om­stan­dig­he­de is se­ker­lik ’n ge­pas­te be­skry­wing om ons toe­koms in Suid-Af­ri­ka mee op te som.

Dit is ook ’n ge­pas­te woord om die ge­skie­de­nis­pad van die Af­ri­ka­ner se voor­ou­ers van­af 1652 in die Kaap tot van­dag te be­skryf.

Die ge­skie­de­nis is ge­neig om hom­self te her­haal. ’n Dui­de­li­ke voor­beeld is die Groot Trek in 1835 en van­dag se im­mi­gra­sie van Af­ri­ka­ners na die bui­te­land. Die om­stan­dig­he­de wat Piet Re­tief (1835) laat trek het uit die Kaap, stem merk­waar­dig oor­een met die on­se­ke­re om­stan­dig­he­de wat ons van­dag in ons land er­vaar.

Bo­ge­noem­de her­ha­ling van die ge­skie­de­nis maak dat ons te­rug­kyk en waar­de­vol­le les­se uit die mis­luk­kings en suk­ses­se van ons voor­ou­ers leer.

Met er­ken­ning aan Chris­te­ne van daar­die tyd, het die Af­ri­ka­ners op die trek­pad ook hul se­ker­heid by God en Sy Woord ge­soek. Dit is met hier­die se­ker­heid waar­mee hul­le die feit­lik on­be­woon­de bin­ne­land in­ge­trek het.

Daar het hul­le uit­ge­vind, en met duur le­wens­ver­lie­se be­taal, dat die mag­ti­ge Zoe­loe-­ryk on­der Din­gaan en sy voor­gang­er Sha­ka vir hier­die on­be­woon­de bin­ne­land ver­ant­woor­de­lik was.

Die ge­boor­te van die Ge­lof­te van 1838 het plaas­ge­vind on­der die aan­slae van Din­gaan en sy ge­dug­te Im­pi-sol­da­te.

Die uit­koms van hier­die Ge­lof­te het nie net die trek­ker­le­de van uit­wis­sing en vlug ge­spaar nie, maar dit het ook vre­de ge­bring vir in­heem­se vol­ke wat reeds vlug­te­ling­e was.

Dit is Hom — God wat lig is — vir wie ons op 16 De­sem­ber aan­bid en dank.

Die won­der­oor­win­ning van 467 trek­ker­le­de teen 15 000 Zoe­loes bly on­ge­ë­we­naar in ver­ge­ly­king met die slag van Ishind­wa­na van 1879, waar die mag­ti­ge Brit­se ryk se 1250 sol­da­te deur die Zoe­loe-mag ver­slaan is.

Ons glo dat God die stryd ge­voer het by Bloed­ri­vier en dat ons voor­va­ders hul­le nie vir hul ge­loof ge­skaam het nie. Met vol­le er­ken­ning aan an­der Chris­te­ne het hier­die groep trek­ker­le­de van die Bloed­ri­vier Ge­lof­te Chris­ten­dom in Suid-Af­ri­ka ge­ves­tig.

Hoe an­ders sou die ge­skie­de­nis nie ver­loop het as die slag van Bloed­ri­vier ’n ne­der­laag was?

Daar­om is 16 De­sem­ber ’n dag van ver­oot­moe­di­ging voor God en ’n soe­ke na ver­soe­ning met Hom, te mid­de van die on­se­kere om­stan­dig­he­de waar­in ons leef. Ons moet ge­hoor­saam wees aan Sy Woord as ons die Ge­lof­te van ons voor­ou­ers ge­stand wil doen.

  • Kom luis­ter op Maan­dag 16 De­sem­ber na ’n dia­loog tus­sen Faan Ra­bie en Paul Smith by die NG-gemeente Warm­bad-Wes, op die hoek van Gil­fil­lan- en Oost­hui­zen­straat in Be­la-Be­la. Die te­ma is Quo Vadis — die pad vo­ren­toe? Ds. Ber­nard Hat­tingh sal die diens be­har­tig waarna die dia­loog­op­voe­ring aange­bied word. Die ver­rig­ting­e be­gin om 08:40, die fees­aan­bie­ding om 09:00 en die e­re­diens om 09:40. Ver­ver­sings is ná die verrig­tinge be­skik­baar.

Vir na­vrae bel vir Reint van de Pol by tel. 082 563 7602.

Related Articles

Back to top button