LettersOpinion

Ant­woor­de gesoek op wa­ter­kri­sis

Dit is van kri­tie­ke be­lang om daad­werk­li­ke ant­woor­de te vind op die droog­te- en wa­ter­skaars­te in Suid-Af­ri­ka. Dit kan nie lang­er uit­ge­stel word nie.

Ar­mand Cloe­te, VF Plus-LP in Vry­staat­se na­sio­na­le raad van pro­vin­sies, skryf:

Die in­ter­mi­nis­te­rië­le ko­mi­tee op diens­le­we­ring moet son­der ver­wyl die im­pak van wa­ter­lek­ka­sies en ver­mor­sing by mu­ni­si­pa­li­tei­te on­der­soek en op­los­sings op el­ke re­ge­rings­vlak vind om wa­ter te be­spaar.

Dit is van kri­tie­ke be­lang om daad­werk­li­ke ant­woor­de te vind op die droog­te- en wa­ter­skaars­te in Suid-Af­ri­ka. Dit kan nie lang­er uit­ge­stel word nie.

Die hui­di­ge droog­te, ver­al in Noord­wes, die Vry­staat en die Oos-Kaap, kan die en­ke­le groot­ste so­siaal­e­ko­no­mie­se of om­ge­wings­ramp word wat die land nóg ge­tref het.

Die mi­nis­ter van mens­li­ke ne­der­set­tings, wa­ter en sa­ni­ta­sie, Lin­di­we Si­su­lu, er­ken in hier­die ver­band on­der meer dat die bou van dam­me so­wat ’n de­ka­de ag­ter ske­du­le is en dat fou­tie­we pomp­sta­sies, swak in­stand­hou­ding en wa­ter­in­fra­struk­tuur groot hoe­veel­he­de wa­ter ver­mors.

Daar­be­n­ewens word wa­ter­bron­ne be­soe­del deur riool­lek­ka­sies en die vraag na wa­ter is in baie ge­bie­de be­sig om die nor­ma­le be­skik­baar­heid te oor­skry.

Be­staan­de in­lig­ting toon dat tot 41% van die land se op­ge­gaar­de wa­ter ver­lo­re gaan weens lek­ka­sies en swak in­fra­struk­tuur. Dit is daar­om van die al­ler­groot­ste be­lang om mu­ni­si­pa­li­tei­te te wys op die nood­saak­lik­heid daar­van om el­ke drup­pel wa­ter te be­spaar.

Related Articles

Back to top button