LettersOpinion

Skakel wanbetalers se krag af

Sê vir ons wie skuld watter bedrae en draai diegene se kra­ne toe en ska­kel die krag af.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Toe ons dorp in 1866 as Nyl­stroom tot stand ge­kom het, was daar niks langs die Nyl­ri­vier se oewers nie.

Al­les is van­ nuuts af aan­ge­lê en vir 128 jaar op­ge­bou met ’n net­jie­se in­fra­struk­tuur wat ge­werk het. ’n Mooi dorp.

Daar was ’n trein­net­werk wat goedere goed­koop en pas­sa­siers land­wyd en na buur­state kon ver­voer.

Die mags­be­hep­te ANC-re­ge­ring het die naam Nyl­stroom ná 1994 na Modi­mol­le ver­an­der om eer aan voor­va­der­gees­te te gee en kyk hoe lyk dit nou!

Geld wat maandeliks deur ge­troue be­las­ting­plig­tiges be­taal is om af­slui­tings te voor­kom, het in sekere amptenare se sakke beland. Die mu­ni­si­pa­litieit is ban­krot ge­steel. Nou word die skuldlas op die skou­ers van wan­be­talers ge­plaas? Waar­om word daar nou — ná ban­krot­skap en ’n skuldlas van meer as R280 mil­joen — steeds nie teen wan­be­ta­lers op­ge­tree nie?

My vraag is waar­om ons ge­troue be­ta­lers ge­reeld met dreig­brie­we ge­teis­ter word?

Sê vir ons wie skuld watter bedrae en draai diegene se kra­ne toe en ska­kel die krag af.

Related Articles

Back to top button