LettersOpinion

Kom pensioentrekkers tegemoet

Dit is al­ge­meen be­kend dat die pry­se ge­du­ren­de skool­va­kan­sies styg tot na­deel van in­wo­ners.

Von­nie Slab­bert, Mook­go­phong, skryf:

Ek het brie­we aan verskeie su­per­mark­te in Mook­go­phong ge­stuur oor hul buitensporige prys­ver­ho­gings.

My klag­tes val skyn­baar op do­we ore. Ek pleit by win­kels om ons pen­sioen­trek­kers te­ge­moet te kom met die aan­koop van krui­de­niers­ware.

Ons arm oues van dae het geen an­der op­sie as om by sekere win­kels te koop nie. Dit is al­ge­meen be­kend dat die pry­se ge­du­ren­de skool­va­kan­sies styg tot na­deel van in­wo­ners.

By een van die su­per­mark­te het die prys van 700 ml ta­ma­tie­sous in Ok­to­ber dras­ties ver­hoog tot R30,50. Be­jaar­des kan nie meer byhou nie.

Ek, as pen­sioe­ntrekker wat suk­kel om kop bo wa­ter te hou, vra dat win­kels ons asseblief help. Kyk na ons be­hoef­tes en maak dit vir ons die moei­te werd om by super­mark­te te koop. Dit kan ge­doen word deur iets soos ’n pen­sioe­na­ris­dag. (Brief verkort – Red.)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button