LettersOpinion

Gholf­par­ker sê baie dan­kie

Gholf­park is een van die vei­lig­ste en mooi­ste woon­buur­te in ons land, on­danks ’n paar dwars­trek­ken­de knor­pot­te.

Wil­lie Pie­naar, Mook­go­phong, skryf:

Ek wil graag die Gholf­park-ko­mi­tee hart­lik be­dank vir die goeie ding­e wat die af­ge­lo­pe tyd in ons woon­buurt ge­beur het.

Dan­kie ook aan al die in­wo­ners wat hier­die ko­mi­tee on­der­steun.

Gholf­park is een van die vei­lig­ste en mooi­ste woon­buur­te in ons land, on­danks ’n paar dwars­trek­ken­de knor­pot­te. Jam­mer vir elk­een wat steeds glo dat dit te dan­ke is aan sy eie vei­lig­heids­maat­reëls dat daar nie by hom of haar in­ge­breek word nie.

Dit ter­wyl die bu­re geen bui­ten­ge­wo­ne stap­pe ge­neem het om te ver­se­ker dat hul­le ook rus­tig kan slaap nie, be­hal­we om se­ker te maak dat hul­le in Gholf­park woon en el­ke maand ’n gel­de­li­ke by­drae le­wer.

Nee, dit gaan nie net oor vei­lig­heid nie. Dink maar aan die ver­fraai­ing van open­bare ge­biede. Die op­sie vir elk­een van ons vir die toe­koms is een­vou­dig: kerm, kri­ti­seer, en dring aan dat die po­li­sie en die mu­ni­si­pa­li­teit die diens­te moet le­wer waar­voor jy mos be­taal het en jou woon­buurt verval, of raak po­si­tief en maak ’n ver­skil.

O ja, daar is ’n an­der op­sie: gaan woon as­se­blief op ’n an­der plek.

Related Articles

Back to top button