LettersOpinion

Fa­mi­lie­boe­re is landboubedryf se behoud

Die be­ska­wing kan een­vou­dig nie son­der kos be­staan nie en dit is hoe­kom die wê­reld al­tyd boe­re no­dig sal hê.

Fran­cois Ros­souw, uit­voe­ren­de hoof van die land­bounet­werk­organi­sasie Saai, skryf:

“Let us not forget that the cultivation of the earth is the most important labour of man. When tillage begins, other arts will follow. The farmers, therefore, are the founders of civilization.”

By­na twee eeu­e later geld hier­die ge­seg­de van Da­niel Web­ster, A­me­ri­kaan­se staats­man, steeds.

Die be­ska­wing kan een­vou­dig nie son­der kos be­staan nie en dit is hoe­kom die wê­reld al­tyd boe­re no­dig sal hê.

Die wê­reld­be­vol­king sal na raming teen 2050 by­kans 10 mil­jard wees. Dit be­te­ken dat ons by­na twee keer so­veel voed­sel as wat daar tans is, sal moet pro­du­seer te mid­de van die uit­da­gings van voe­ding, ar­moe­de en on­vol­hou­ba­re vlak­ke van mas­sa­mi­gra­sie wat ste­de­li­ke ge­bie­de en ge­meen­skap­pe po­ten­sieel kan ver­swelg.

Fa­mi­lie­boe­re be­sit on­ge­veer 70-80% van be­nut­te plaas­grond en pro­du­seer meer as 80% van die wê­reld se voed­sel wat waar­de be­tref. Ver­der is fa­mi­lie­boe­re die grond­slag van dor­pies en die an­ker van lan­de­li­ke e­ko­no­mieë en ge­meen­skap­pe.

Ter­wyl hul­le voed­sa­me voed­sel vir ste­de­ling­e pro­du­seer, ver­skaf fa­mi­lie­boe­re ook brood­no­di­ge werk­ge­leent­he­de aan plaas­li­ke ge­meen­skap­pe en be­teu­el hul­le on­vol­hou­ba­re vlak­ke van mi­gra­sie.

In die lig van hier­die pro­jek­sies het die Ver­e­nig­de Nas­ies en sy fi­lia­le be­sef dat fa­mi­lie­boe­re in die bes­te po­si­sie is om hier­die kwes­sies die hoof te bied.

Hul­le het eg­ter die steun van re­ge­rings, die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en ter­saak­li­ke wet­ge­wen­de lig­ga­me no­dig om pro-fa­mi­lieboer­de­ry­be­lei­de op te stel wat die werk­lik­he­de waar­mee fa­mi­lie­boe­re el­ke dag te doen kry, in gro­ter ma­te in aan­mer­king neem.

Ge­volg­lik is die Ver­e­nig­de Na­sies se De­ka­de van Fa­mi­lie­boer­de­ry 2019-2028-plan in Mei vanjaar in Ro­me, I­talië, van sta­pel ge­stuur as raam­werk om die be­lang­e van fa­mi­lie­boe­re te be­vor­der.

Die taak wat voor­lê is ge­wel­dig. Ons kan nie van fa­mi­lie­boe­re ver­wag om van die groot­ste wê­reld­uit­da­gings die hoof te bied as hul­le nie hul­le be­roep kan be­oe­fen in ’n om­ge­wing wat vei­lig en be­vor­der­lik vir groei en voort­ge­set­te pro­duk­sie is nie.

Dit is hoe­kom die Sui­der-Af­ri­ka A­gri I­ni­sia­tief (Saai) die re­so­lu­sie oor die b­esker­ming van fa­mi­lie­boe­re aan­ge­neem het.

Hier­die kon­sep­re­so­lu­sie ver­oor­deel e­ni­ge vorm van ge­weld, of die aan­hit­sing daarvan, teen fa­mi­li­eboe­re en doen ’n be­roep op al­le staats­par­tye om mis­da­de teen fa­mi­lie­boe­re pro­ak­tief te mo­ni­teer, teen te werk en te voor­kom.

Dr. Theo de Jager, di­rek­sie­voor­sit­ter van Saai, het vroeër daar­op ge­wys dat ge­weld teen Suid-Af­ri­kaan­se fa­mi­lie­boe­re in ver­skei­e op­sig­te u­niek is. Hy het ge­sê moor­de op fa­mi­lie­boe­re is meer wreed­aar­dig as ander moor­de in die land.

Die mo­tie­we vir hier­die moor­de is mees­al on­be­kend, af­ge­sien van hul be­roep wat boe­re in lan­de­li­ke ge­bie­de kwes­baar maak.

Die so­sia­le en selfs po­li­tie­ke om­ge­wing is on­dui­de­lik oor hier­die da­de, en in som­mi­ge ge­val­le word die aan­val­le selfs op so­sia­le me­dia aan­ge­moe­dig en ver­heer­lik.

Die jeug is die toe­koms van die fa­mi­lie­boer­de­ry en ge­weld teen fa­mi­lie­boe­re kan ook mee­bring dat toe­koms­ti­ge ge­slag­te nie die uit­da­ging sal aan­vaar nie.

Saai sal in die ko­men­de jaar met ver­teen­woor­di­gers van bui­te­land­se re­ge­rings en boe­re­or­ga­ni­sa­sies van dwars­oor die wê­reld ver­ga­der met die doel om die re­so­lu­sie in Sep­tem­ber 2020 in die VN se Al­ge­me­ne ver­ga­de­ring ter ta­fel te lê.

Dit is hoe­kom ons ’n be­roep op al­le fa­mi­lie­boe­re, vrien­de van fa­mi­lie­boe­re en ver­bru­ikers doen om hul­le steun aan die re­so­lu­sie toe te sê by www.farmersresolution.org(.)

Related Articles

Back to top button