LettersOpinion

Departement het nie woorde

Die pro­bleem word nie daad­werk­lik behandel deur dringend veeartse aan te stel en die stelsel te ver­beter nie.

Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoof­woord­voerder: Landbou, skryf:

Dit is uiters kommer­wek­kend dat die departe­ment van land­bou, grond­her­vorming en lande­like ontwik­keling nie van­dees­week in die porte­feulje­komitee oor land­bou kon sê wat die omvang van die jongste uitbraak van bek-en-klouseer in Lim­popo is nie.

Suid-Afrika se land­bou­sektor gaan reeds gebuk onder die onseker­heid van grond­onteie­ning sonder ver­goeding, die droogte wat baie van die brood­mandjie-pr­ovinsies reeds vir jare lank teister en nou ook die ver­bod op vei­lings in vier pro­vinsies weens die uitbraak van bek-en-klou­seer.

Om die pro­bleem te ver­erger, het die departe­ment ’n wesen­like tekort aan veeartse. Dit kan as een van die redes vir vanjaar se tweede uit­braak van bek-en-klouseer beskou word.

Dit is onaan­vaar­baar dat die departe­ment slegs kla oor leem­tes soos die toe­diening van inen­tings wat ’n afge­wentelde funksie is. Die pro­bleem word nie daad­werk­lik behandel deur dringend veeartse aan te stel en die stelsel te ver­beter nie.

Dit dui daarop dat die departe­ment nie ern­stig is oor voedsel­sekerheid of land­bou as een van die land se hoof eko­nomiese dryf­vere nie. Indien die ANC-rege­ring en die departe­ment ernstig was oor die pro­bleem, sou hy jare gelede seker gemaak het dat die land se rooi sones en grense bevei­lig word om te voor­kom dat gesonde diere met besmette diere in aanra­king kom.

Die pro­vinsies aan­grensend aan die probleemgeteis­terde Limpopo — Noordwes, Gauteng en Mpuma­langa — moet nou weens die onver­moë van die regering om sy werk te doen, ly onder die verbod van vei­lings in hier­die pro­vinsies.

Die departe­ment moet so gou moont­lik gesonde gebiede binne hier­die pro­vinsies verklaar waar­binne veilings steeds kan plaas­vind om sodoende te ver­seker dat die boere en die eko­nomieë van die pro­vinsies nie finaal geknak word nie.

Die departement moet sonder verwyl beheer neem van die situa­sie, sonder om die suk­kelende land­bou­sektor finaal te ver­nietig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button