LettersOpinion

Boere veg verbete om oorlewing

Die fi­nan­sië­le po­si­sie van boe­re wat onder die droog­te gebuk gaan, is be­nard en hul fa­mi­lies is op breek­punt.

Suider-Afri­kaanse Agri Inisia­tief (Saai), skryf:

’n Dra­ma­tie­se toe­na­me in self­dood on­der boe­re wie se le­wens ondraaglik gemaak word weens die erg­ste droog­te in de­ka­des, ’n hoë skuld­las, on­ge­naak­ba­re ban­ke en an­der fi­nan­sië­le diens­ver­skaf­fers en uit­buiter­pro­ku­reurs, het die land­bou­ge­meen­skap diep be­kom­merd.

Hoe­wel die ANC vir ja­re al met ont­eie­ning son­der ver­goe­ding dreig, is dit ban­ke en an­der kre­diet­ver­skaf­fers wat daag­liks droog­te­ge­teis­ter­de boe­re se skuld op­roep en hul­le van hul pla­se ont­neem.

Die ergste is egter wanneer hon­der­de boe­re, wat ge­slag­te lank al op hul pla­se boer, met skuld van ’n frak­sie van hul plaas­waar­de, wat in een goei­e sei­soen dié skuld sou kon delg, dan son­der werk of heen­ko­me op straat be­land.

In die ramp­spoe­di­ge droog­te is daar min ko­pers op vei­lings en ná ’n leef­tyd se werk en op­bou van ’n plaas word dié pla­se deur ban­ke ver­koop teen pry­se wat min­der as die boer se uit­staan­de skuld is.

Boon­op word die boer ná die ver­koop van sy plaas steeds vir die uit­staan­de be­drag aan­spreek­lik ge­hou.

Ba­ie van hier­die boe­re sou hul­self in een of twee goei­e sei­soe­ne uit hul skuld kon boer.

Nie al­les wat wet­tig is, is nood­wen­dig mo­reel reg­ver­dig­baar nie.

Die dryf na hoër wins­te vir aan­deel­hou­ers in ban­ke en land­bou-on­der­ne­mings is on­ver­soen­baar met die swaar­kry wat ’n land en sy boe­re ly in ’n ver­woes­ten­de na­tuur­ramp soos ’n droog­te.

Saai sal so­veel as moont­lik in­lig­ting oor die om­vang en in­ten­si­teit van die pro­bleem in­sa­mel om moont­li­ke kol­lek­tie­we ak­sie en op­los­sings te on­der­soek saam met boe­re wat hier­deur ge­raak word.

Daar­na sal Saai met ban­ke en an­der skuld­ei­sers ska­kel en, in­dien no­dig, ook druk op die re­ge­ring plaas om die re­gu­la­sies só te wy­sig dat uit­bui­ting deur gie­ri­ge op­tre­des van me­gakor­po­ra­sies in­ge­perk word.

Die fi­nan­sië­le po­si­sie van boe­re wat onder die droog­te gebuk gaan, is be­nard en hul fa­mi­lies is op breek­punt.

Help ons om hul­le te i­den­ti­fi­seer en ook waar die druk op hul­le van­daan kom.

Stuur ’n e-pos met hier­die in­lig­ting na na­vrae@saai.org (.)

Related Articles

Back to top button