LettersOpinion

Laat die matrieks in styl afskeid neem

Ma­tri­ek­leerders ver­dien so ’n be­son­de­re dag om die skool waar hul­le vir die toe­koms voor­be­rei is, vaar­wel te roep.

Ga­wie Rich­ter, Modi­mol­le, skryf:

Ek verwys graag na die brief “Ma­triek­af­skeid ruk hand ­uit” in Die Pos van Vry­dag 25 Ok­to­ber.

Hoe jam­mer tog dat die ar­moe­de­kaart om tra­ne te trek hier ge­speel word — net soos wat ’n sekere minis­ter lief is om te doen. Dit maak ’n mens keel­vol en die argument is af­ge­saag. Daar is tog deesdae talle in­stan­sies waar gra­tis kle­re­drag be­kom kan word.

Ek weet van ge­sin­ne wat be­hoef­ti­ge kin­ders van kop tot to­ne uit­ge­rus het sodat hul spesiale aand on­ver­geet­lik kon wees. Ek sal graag wil weet wat hier­die skry­wer se by­drae tot van­jaar se matriek­af­skeid­gesellig­hede was.

Ma­tri­ek­leerders ver­dien so ’n be­son­de­re dag om die skool waar hul­le vir die toe­koms voor­be­rei is, vaar­wel te roep.

Ouers en kin­ders het 12 jaar ge­had om vir hier­die dag voor te be­rei.

Of ’n kind met ’n he­li­kop­ter of don­kie­kar by die geleent­heid op­daag, of hulle kaal­voet of in tek­kies met son­bril­le is, hulle ver­dien almal die­self­de ap­plous.

Die matriekafskeid­geleentheid is vir my jaarliks soos ’n to­neel­op­voe­ring wat almal ter­deë ge­niet.

Diegene wat baie keer nie deftige klere vir ’n ma­triek­af­skeid kan bekostig nie, staan dikwels weer voor in die ry vir keu­ring tot gra­tis stu­dies aan uni­ver­si­tei­te met beur­se en sub­si­dies.

Related Articles

Back to top button