LettersOpinion

Ander kant van munt oor ­boorgatwater

Huis­be­woners wat gras­perke met boor­gate natlei word onno­dig ge­kriti­seer en van kort­sigtige en self­sug­tige gedrag be­skul­dig.

Willie Gunther, Bela-Bela, skryf:

Ek reageer op Albie Pre­torius se brief in Die Pos van Vrydag 25 Okto­ber oor die bespa­ring van boor­gat­water.

Na my mening word huis­be­woners wat gras­perke met boor­gate natlei onno­dig ge­kriti­seer en van kort­sigtige en self­sug­tige gedrag be­skul­dig.

Ek beskou haar uitla­ting as laster­lik en ver­soek haar om versko­ning te vra vir haar op­mer­kings in dié ver­band. Dit is ont­stel­lend dat huis­eie­naars met boor­gate gestenig word weens onge­gronde gevolg­trek­kings.

Ek is ook baie be­kom­merd oor boor­gat­water­vlakke. My boor­gat se water­vlak het verlede jaar só aan­sien­lik gedaal dat my boor­gat­pomp uitge­brand en ver­vang moes word.

Dit was kort nadat ’n sport­klub in die omge­wing ’n boor­gat gesink het sonder om met enige van die huis­eie­naars in die onm­id­delike omge­wing te konsul­teer oor die moont­like gevolge van dié besluit.

Dit is goed om op­lettend te wees oor moont­like water­ver­mor­sing in ons gemeen­skap, maar my raad is om ook maar te gaan kyk na daar waar ’n mens lower­groen sport­velde sien.

Gemeet aan die water­ver­bruik van my huis en tuin, uit my eie boor­gat wat ek ten duurste laat toe­rus het, teenoor die water­ver­bruik van so ’n sport­klub, ag ek myself glad nie as iemand wat kort­sig­tig en self­sugtig is nie. Die pro­bleem moet elders gesoek word.

Die meerder­heid van ons boor­gat­eie­naars gebruik na my mening ons boor­gate vir huis­hou­delike- en tuin­ge­bruik om by te dra tot ’n bespa­ring van muni­si­pale water vir die gemeen­skap.

Daar kan moont­lik wonings wees met “boor­gat­bordjies” op, maar die eienaars besit nie eens ’n boor­gat nie en pro­beer net om muni­sipale water vrylik en mis­lei­dend te gebruik.

Wie is dan nou eintlik die skuldige partye wat nie ons kos­bare onder­grondse water beskerm nie?

Related Articles

Back to top button