LettersOpinion

Optrede teen Eskom beoog oor beurtkrag

Ver­bruikers begin al die indruk kry dat as Eskom nie sy sin kry nie, daar beurt­krag inge­stel word as ’n soort hef­boom.

Henk van de Graaf, streeks­voor­sitter: TLU SA-Noord, skryf:

TLU SA vind dit uiters ver­dag dat Eskom skielik beurt­krag instel, slegs dae nadat die elek­trisiteits­ver­skaffer ’n hof­saak teen Nersa, die nasio­nale ener­gie­regu­leerder, aan­hangig gemaak het omdat die entiteit nie tevrede was met die tarief­ver­ho­gings wat goed­ge­keur is nie.

Dit wil byna voor­kom asof hier sprake is van subtiele afper­sing, soos dit in die verlede ook al meer­male plaas­ge­vind het as Eskom nie met Nersa se be­sluite saam­ge­stem het nie.
Die ver­bruiker begin al die indruk kry dat as Eskom nie sy sin kry nie, daar beurt­krag inge­stel word as ’n soort hef­boom.

Die ver­dui­deliking dat daar al van ver­lede Sater­dag af pro­bleme was, maar die land eers die Woens­dag sonder enige vooraf waar­sku­wing onver­hoeds betrap is, is net so onaan­vaar­baar.

Baie boere moet hul besproei­ing in hier­die droog­te­toe­stande en warm tempera­ture behoorlik skedu­leer sodat hulle kos kan voor­sien. Hulle is die reg van behoor­like be­planning ontneem deur Eskom se laks­heid en onge­voe­lige optrede.

Ek wil boere wat skade as gevolg hier­van ly, vra om TLU SA te kontak sodat ons kan kyk na gepaste op­trede om die skade te ver­haal.

Eskom het wel geld vir duur hof­sake teen Nersa, maar kan nie nood­saak­like instand­hou­ding be­kostig nie. Dit is onaan­vaar­baar en Eskom se bedryfs­hoof se versko­ning aan die land vir die beurt­krag is nie die papier werd waar­op dit staan nie.

Related Articles

Back to top button