LettersOpinion

Matriekafskeid ruk hand uit

Dit is lankal nie meer net ’n mooi rokkie nie, maar by­komende uitga­wes vir hare, naels, grime­ring, juwe­liers­ware, foto­grawe en natuur­lik die luukse motors.

Waar is die outyd, via Facebook, skryf:

Ek wil uit ’n objek­tiewe oog­punt die vol­gende oor die afge­lope matriek­af­skeid met lesers deel: Daar is ver­skeie kinders wie se ouers nie die astro­no­miese uitga­wes wat tans op matriek­afskeids­geleent­hede bestee word, kan bekos­tig nie.

Dit is lankal nie meer net ’n mooi rokkie nie, maar by­komende uitga­wes vir hare, naels, grime­ring, juwe­liers­ware, foto­grawe en natuur­lik die luukse motors laat die skaal baie vinnig swaai na “buiten­sporig duur”. Ek het verneem dat sekere ouers tot R40 000 op so ’n ge­leent­heid bestee.

Dit was tragies om te sien hoe ouers (en natuur­lik hul kinders!) op daar­die rooi tapyt spog met alles terwyl ander net verby­sluip, want hulle is nie in daar­die “klas” nie.

My oor­woë mening is dat ’n matriek­afskeid dees­dae ’n status­sim­bool geword het en die dam onder die eend uitge­ruk word met astro­nomiese onkoste wat sekere ouer­pare en kinders minder­waar­dig laat voel.

Related Articles

Back to top button