LettersOpinion

Jagtersvereniging onthou Van der Westhuizen met deernis

Ons het ’n groot verlies gely met Gerrie se onverwagse afsterwe, wat diep betreur word deur elke lid van die vereniging.

Die Bosveldjagtersvereniging (BJV)-bestuur skryf:

Wyle Gerrie van der Westhuizen van Bela-Bela was ’n gewaardeerde lid en vriend van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging sedert hy op 22 Januarie 2004 by ons aangesluit het.

Hy het hom met volle oorgawe beywer vir die bevordering van die belange van die Suid-Afrikaanse jagter en ’n etiese jagbedryf.

Hy was aktief betrokke by die Waterberg-tak se bedrywighede en sal veral onthou word vir sy bydrae by die haelgeweerskietbaan tydens die maandelikse skietdae.

Hy het op 3 Junie 2005 sy status as Toegewyde Jagter behaal en op 1 Oktober 2013 die Gevorderde Jagterstoekenning.

Hy was ook ’n gekwalifiseerde baanoffisier en Suid-Afrikaanse-trofeemeter. Die eretoekenning, Honoris Signum, is op 22 November 2014 aan hom toegeken nadat hy vir minstens 10 jaar onafgebroke op die Waterberg-takbestuur gedien het, asook vir sy voortreflike en onbaatsugtige diens aan die vereniging in die besonder en die jagsport in die algemeen.

Ons het ’n groot verlies gely met Gerrie se onverwagse afsterwe, wat diep betreur word deur elke lid van die vereniging, en in die besonder die lede van Waterberg-tak.

Ons harte gaan uit na sy naasbestaandes.

Related Articles

Back to top button